PUK 16 – Finaal

PUK 16 – Finaal
PUK 16 – Finaal

PUK 16 – Finaal. Op 21 April vertrek HPR weer na Potchefstroom vir die jaarlikse PUK 16 finaal.

Die 1ste span speel uit vir die Plaat teen Alberton High. In die eerste helfte speel die meisies ongelooflike hokkie en teken 5 doele aan. Elke speler in die span het net hulle beste gegee. In die tweede helfte word nog twee doele aangeteken.

HPR wen 7-0. Baie dankie aan al die ondersteuners en ouers wat wedstryd na wedstryd die meisies aanmoedig en positief hou. 2de Hokkie Na weke se harde werk, liters sweet, lekker lag, spanbou en miskien ’n traan of twee het die dag uiteindelik aangebreek. Piet Retief se tweede span kom teen Fochville te staan in die kryt.

Die wedstryd het aanvanklik stadig begin, maar binne die eerste 10 minute het Berig deur Isabella Klingenberg ’n skitterende klapdoel geslaan. Fochville het vining besef mens pak nie die Pieties sonder handskoene aan nie en het in die tweede helfte hulle kas baie goed beskerm. ’n Minuut voor die eindfluitjie blaas moes Phiwo (Pie) Nyawo darem net wys hoe ’n mens ’n finaal wen met ’n pragdoel. Die arme doelwagter het dit nie eers gesien kom nie. Piet Retief wen vir Fochville 2-0 en die trofee is weer veilig tuis, waar dit HOORT!

Phiwo Nyawo is deur die PUK aangewys as speler van die wedstryd, baie geluk! Alhoewel dit moeilik is om iemand uit te sonder sit ons die tradisie voort om self ook iemand te nomineer. Baie geluk aan Karien du Toit (voorspeler) en aan ons eie wild child Ntando Zulu (agterspeler). Ons wil ook van die geleentheid gebruik maak om aan ons borge dankie te sê vir die hemde en die baadjies, ons kan nie wag om daarmee te spog nie. Ons sluit dus die PUK 16 af as ’n onoorwone span, maar ons sien julle weer langs die veld wanneer die volgende liga begin.

O/15 Hokkie Om ‘n lekker Puk 16 seisoen op ‘n hoë noot af te sluit was nog nooit sleg nie! When you think and work together like champions then you know the team played like champions when the scoreboard says you won 6-0 against Alberton High. We are proud to say that the player of the match, as chosen by PUKKE was Zenè Jonker from our team. Now we will focus on the next league! Good luck ladies!

0/14 Hokkie Piet Retief draf uit op die veld teen Wolmaransstad. Piet Retief probeer hulle bes om punte op die bord aan te teken, maar sukkel. Teen halftyd is die telling 0-0. Pieties probeer hul bes, maar toe die eindfluitjie blaas is die telling steeds nul elk.

Die speler van die wedstryd is Lulamile Hltshwayo. Netbal Die netbalspanne vertrek op 21 April na Potchefstroom vir die PUK 16 finaal. Die kompetisie was straf maar ons spanne het kompeterend en in goeie gees deelgeneem. Die uitslae van die A-spanne was soos volg: Die

O/14 A-span verloor ongelukkig 14-12 teen Alberton High. Cayla Creydt en Vianda Cilliers is albei aangewys as spelers van die wedstryd.

Die O/15 A-span wen 19-14 teen Vryburg. Tsolofelo Rammontsha was speler van die wedstryd.

Die O/16 A-span verloor ongelukkig 21-10 teen Alberton High. Nobu Moyo was speler van die wedstryd. Die Tweede span verloor 17-18 teen Leeuwenhof. Dumisile Zwane was speler van die wedstryd. Die Eerste span spog met ‘n pragtige oorwinning van 32- 24 teen Fochville en wen die Plaattrofee. Aneska Smit was die speler van die wedstryd. Ons is opreg dankbaar vir elke afrigter, speler en getroue ondersteuner wat bankvas agter ons spanne gestaan het. Die Wintersport-liga begin binnekort en ons sien uit na opwindende netbal. 1ste Rugby Dit was ‘n baie besonderse naweek in die sin dat baie spanne as oorwinnaars uit die stryd getree het. Die 1ste-span was geen uitsondering nie en het vroeg in die wedstryd teen Hoërskool Overvaal reeds hulle stempel afgedruk.

Die eerste helfte was ‘n baie fisiese kragmeting deur albei spanne en die halftydtelling was ‘n skrale 14-12 in Piet Retief se guns. Tydens die tweede helfte het Piet Retief die krane groot oopgedraai en nog 38 punte aangeteken en geen punte afgestaan nie. Drieë is deur die volgende spelers gedruk: Bongumenzi Dlamini (3), Lindelani Makhanya, Samkelo Ndlovu, Sphe Mthethwa, Mthobisi Johnson en Nkosinathi Mthethwa. Alwande Sangweni het met ses van sy agt pogings na die pale geslaag. Die eindtel- ling was 52-12 in Piet Retief se guns. Die sege wat behaal is het verseker dat Piet Retief die Plaattrofee wen.

Die volgende wedstryde is op tuisbodem teen Hoërskool Ermelo wanneer die Mpumalanga Grootskole- liga afskop. Die wedstryde is op 6 Mei en begin die oggend om 08:00 as die 0/14’s Erries eerste op die A-veld die stryd aansê. Ons hoop om die hele dorp daar te sien wat bankvas agter Piet Retief sal staan.

0/16 A Rugby vs Leeuwenhof Die span het verlede Saterdag teen Leeuwenhof gespeel. Pieties speel hulle beste wedstryd van die PUK 16 seisoen 1ste Hokkiemeisies

O/15 Rugbyspan HPR Skaakspan en wen 20 – 14.

Ons moes klaarkom sonder drie van ons gereelde voorspelers, maar die manne klim in en wen ‘n baie spannende en harde wedstryd. Ons het die seisoen net een wedstryd verloor teen Pionier en eindig dus 5de in die reeks. Man van die wedtryd was Rian Fourie. Punte: Driëe: Chester, Rian en Jeandre druk elk een. Skoppe: Arrie slaag met 1 strafskop en 1 doelskop.

O/15 A Rugby Hoërskool Piet Retief vs Leeuwenhof

Na verlede jaar se PUK 16 as O/14 oorwinnaars, was dit weereens hierdie span se voorreg om op die A-veld sake uit te spook teen Leeuwenhof van Germiston in die finaal van die 2017 kampioene. Met groot opgewondenheid en senuwees wat knaag, het die wedstryd afgeskop. Die groenmasjien van Piet Retief het sommer van die afskop af al laat weet dat hulle nie hier is vir speletjies speel en maats maak nie.

Hulle gaan druk binne die eerste vyf minute hulle eerste drie en ‘n groot slaak van verligting word onder die ondersteuners gehoor. Dit was ‘n harde wedstryd en elke man het meer as sy deel bygedra. Met uitstekende balhantering en vlugtige agterlynlopies gaan kuier ons gereeld agter ons opponente se doellyn. Halftyd staan die telling op 26-0. Een keer word daar deur ons rotsvaste verdediging gebreek en Leeuwenhof teken hulle enigste punte aan vir die wedstryd.

Ons tree as kampioene uit die stryd met ‘n eindtelling van 43-5. Baie geluk en ‘n groot dankie aan elke ondersteuner, ouer, afrigter en onderwyser wat deel van hierdie seuns se opvoeding en afrigting uitmaak. Wille Honne Bo.

O/14 Rugby High School Piet Retief’s U/14 A rugby team won 15-8, placing 3rd in the PUK 16-rugby league. It was a tough game with 2 tries scored from the Pieties, by Gerrie Heyneke and Junior Ntul.

Luco van der Walt het nog 5 punte aangeteken met sy skopskoen. Die seuns het karakter gewys en het nie opgehou speel nie. Devan Smith is aangewys as speler van die wedstryd. Die seuns is nou reg vir die Mpumalanga Liga wat op die 6de Mei begin. CHESS On Thursday 20 April, the Piet Retief High School chess team was part of history. For the first time in the history of the PUK 16 the chess team joined the other winter sports on their 7- hour long journey to Potchefstroom to take part in the PUK 16 final.

On Friday, in the first round, we played against Ferrum, which in a previous practice match we lost 10-2, but this time we managed to draw 5-5. In our second round disaster struck, we lost 4-6 to Oosterland, but after the shock of that loss we pulled ourselves together and won our next 2 rounds comfortably, 10-0 against Wolmaransstad and 8-2 against Bekker.

The last round was against Vryburg and was a must win game and it came down to the wire, as there were 3 teams tied for second spot and the number of games won by the teams would be the determining factor. Joshua was the last one to finish and he had to win to give us a 2nd place victory.

To our great relief he came out victorious. Special congratulations to 3 of our players, Joshua (board 2), Lily (board 5) and Ethan (board 6), who won 5/5 of their matches.