Fietsryers voltooi Absa Cape Epic

Fietsryers voltooi Absa Cape Epic
Met moeë bene word daar oor die wenstreep gery

Die beste bergfietsryers in die wêreld het deelgeneem in die 14de Absa Cape Epic fietswedren, die bergfietswedren met die meeste TV-dekking in die wêreld.

Tour de France legendes, Cadel Evans en George Hincapie, het ook deelgeneem in die 2017 Absa Cape Epic. Evans, uit Australië, is die 2011 Tour de France-wenner, terwyl Amerika se Hincapie, ‘n 17- keer Tour de France voltooier is. Die Absa Cape Epic is die uitmergelende 8-dag bergfiets stage race wat begin het by Meerendal op 19 Maart 2017 en geeindig het by Valde- Vie op 26 Maart oor ‘n totale afstand van 651 km en ‘n 14 550 m klim.

Die verandering kom nadat die organiseerders die tweede skof verkort het met 40 km a.g.v. erge hitte. Die hitte het veral sy tol tydens die eerste skof geëis, met baie spanne wat hier uitgeval het. Die Epic is baie veeleisend op jou liggaam, verstand en toerusting en om deur die Epic sonder ernstige probleme te kom, is raar.

Ons het slegs klein probleempies ervaar, aangesien Bruno se agter bandrand gebuig het en ek geen agterremme op dag 7 gehad het nie. Met inagneming dat ons 40 uur en 28 minute op die fietse spandeer het oor agt agtereenvolgende dae, was dit werklik net klein terugslae. Die Absa Cape Epic is sekerlik een van die moeilikste bergfietswedrenne in die wêreld aangesien dit jou totaal uit jou gemaksone haal op so baie maniere.

Fietsryers voltooi Absa Cape Epic
Albei fietsryers is trots om nou ook te kan sê dat hulle hierdie legendariese wedren voltooi het

Ek dink dit was vir ons meer ‘n geestelike uitdaging as ‘n fisiese een, aangesien ons goed voorbereid was. Omdat jy die meeste van die dag op die fiets spandeer is daar nie veel tyd om voor te berei vir die volgende dag nie – soos die was van klere, bottels, skoene, helms, die voorbereiding van voeding vir die volgende dag ens.

Uiteindelik boet jy ‘n paar van daardie baie nodige slaap in om in staat te wees om alles gereed te kry vir die volgende dag. Ons is baie tevrede met ons resultate aangesien ons 239’ste gekom het uit die 669 spanne wat deelgeneem het.

Daar is 58 lande verteenwoordig by die Epic. Na my mening is die Suid-Afrikaners die vriendelikste en ondersteun mekaar die meeste. Ons het werklike ‘n pragtige land met wonderlike mense wat ons moet oppas. Die ondersteuning van ons vroutjies was great en sonder hulle sou dit nie moontlik gewees het nie.

Wat ons “huis toe” bring na die Epic is wat in Spreuke 27:17 staan: Yster slyp yster, vriende vorm mekaar. Ons is baie dankbaar teenoor ons Hemelse Vader wat ons beskerm het gedurende dié lewensveranderende ondervinding.