Be Patient & Arrive Alive!

Be Patient & Arrive Alive!
Horrific accident claims three lives on N2 between Piet Retief and Ermelo on Sunday, 19 February

Be Patient & Arrive Alive! Gedurende die afgelope week of twee het ernstige ongelukke op die omliggende paaie van Mkhondo gelei tot die afsterwe van 4 mense.

Op Maandag, die 13de Februarie, omstreeks 18:30 het die bestuurder van ’n vragmotor, beheer verloor oor die vragmotor en van die pad afgegaan weens ongure weersomstandighede. Die bestuurder was onderweg na Piet Retief vanaf die Amsterdam omgewing en geen beserings is opgedoen nie.

‘n Gru-ongeluk het die lewe van een persoon geëis tydens ’n semi kop-aan-kop ongeluk op Vrydag, die 17de Februarie. Gerugte lui dat die bestuurder van ‘n rooi Ford bakkie probeer het om ’n vragmotor verby te steek op pad Piet Retief toe, toe die voertuig kop-aankop gebots het met ’n wit Opel Corsa wat onderweg was na Pongola.

Daar was ook een ernstige besering en een persoon het slegs ligte beserings opgedoen. Nóg ’n ernstige ongeluk het die lewe van drie mense geëis toe ’n Ford Figo en ’n Land Rover kopaan- kop gebots het op Sondag, die 19de Februarie omstreeks 16:30. Volgens bewerings, het die Land Rover ‘n voertuig probeer verbysteek.

Die bestuurder het beheer verloor en met ‘n aankomende Ford Figo gebots, wat onderweg was na Piet Retief. Bo en behalwe die drie sterftes het een persoon ernstige beserings opgedoen en drie ander is slegs lig beseer. Wees te alle tye versigtig wanneer daar bestuur word. Let daarop dat die paaie gevaarliker is wanneer dit onweer is en reën kan veroorsaak dat die paaie nat ek glad raak.