Laerskool Piet Retief Interhuis 2017

LPR Interhuis 2017
Duikers

Op Saterdag, die 21ste Januarie het Laerskool Piet Retief weereens ‘n suksesvolle Interhuis 2017 byeenkoms gehad en die deelnemers het uitstekend presteer!

Dankie tog vir die bewolkte weerstoestande wat met ‘n koel windjie gepaard gegaan het! Die ongure weer het nie die ouers of atlete gestuit om dié jaarlikse sportgebeurtenis by te woon en te ondersteun nie en die atlete het in hulle verskeie gekleurde hemde opgedaag om hul spanne te verteenwoordig.

Die pawiljoen was vol en ywerige ouers het reggestaan om te help by die verskillende kosstalletjies, kaartjieverkope of om as beamptes op te tree. The cheerleaders looked spectacular and one could see that everyone put in a lot of effort with their appearance and entrance. Colourful outfits, fireworks and even a fire truck were on display.

They cheered up the dull weather indeed! Well done for doing your best to support the different teams. A huge thank you to each and everyone who participated and did his/her best and congratulation to everyone who received a medal. The Suni team walked away with the Spirit trophy as well as earning the spot as the winning team with the most points at the end of the day. Well done!

Die volgende atlete het bekers verwerf:

  • Beste veldatlete – Stefanie Maritz O/11 hoogspring (783 punte) en Brandon Vermaak O/10 hoogspring (853 punte).
  • Best track athletes – Thabsile Mashabane U/13 100m (709 points) and Sthelo Shiba U/9 80m (600 points).
  • Beste middelafstandatlete – Stefanie Maritz O/11 1 200m (659 punte) en André Boshoff O/10 1 200m (665 punte).
  • Die Victrix Ludorum is toegeken aan Stefanie Maritz O/11, met ’n totaal van 2 083 punte vir drie beste items en die Victor Ludorum trofee is verower deur Gilles van der Meulen O/10, met ‘n totaal van 2 155 punte vir beste drie items.

Baie geluk aan hierdie leerlinge vir julle uitmuntende prestasies. TWK Agri was weereens die hoofborg van die byeenkoms en daarom wil die personeel, leerlinge sowel as die ouers hulle hartlik bedank vir die ruim borg.

Baie dankie ook aan elke ouer vir hulle ondersteuning en hulp gedurende die dag, sonder julle sal dit nie moontlik wees om van plaaslike byeenkomste ‘n sukses te maak nie.