Pieties dans ‘n storm los!

Pieties dans ‘n storm los!

‘n Mens moet vir seker so fiks soos ‘n atleet wees om van die dans passies uit te voer waarmee hierdie kinders gaan kompeteer het.

Die Suid-Afrikaanse Dansskool Kampioenskappe is een van die oudste, langste en mees moderne dansfeeste en kompetisies vir alle dansskole en jong dansers in Suid-Afrika. Hierdie kampioenskappe word jaarliks in verskeie provinsies aangebied tydens die nasionale eindstryd.

Gedurende dié paar weke waartydens die kampioenskappe plaasvind, neem meer as 4 000 dansers deel van so jonk as drie jaar oud! Die mikpunt van die SA Dansskool Kampioenskappe is om vir amateurdansers die geleentheid te skep om te eksperimenteer en op ‘n verhoog hulle danspassies uit te voer.

Hierdie is ook ‘n geleentheid vir jong dansers om teen gesoute dansers te kompeteer. Vanaf die 17de Oktober tot en met die 4de November, het verskeie van Piet Retief se talentvolle dansers ook gaan deelneem aan hierdie kampioenskappe en hulle het uitstekend presteer! Modern Dance Solo:

Antionette Jansen van Vuuren, Modern Jazz Advanced Solo 16-18, silver Bianca Hattingh, Modern Jazz Beginner Solo 5-6, high silver Carla Griessel, Modern Jazz Beginner Solo 11-12, silver Cornel Hitge, Modern Jazz Novice Solo 7-8, high bronze Danielle Peters, Modern Jazz Beginner Solo 11-12, high bronze Gerbie Wilsnach, Modern Jazz Novice Solo 9-10, silver Ilaria Gallino, Modern Jazz Novice Solo 7-8, high bronze Jana Malan, Modern Jazz Beginner Solo 7-8, high bronze Jeanrie de Lange, Modern Jazz Beginner Solo 7-8, bronze Kaitlyn van Zyl, Modern Jazz Beginner Solo 7-8, high bronze Kara Erasmus, Modern Jazz Beginner Solo 7-8, silver Klarissa Pretorius, Modern Jazz Novice Solo 11-12, silver Kyla Oosthuizen, Modern Jazz Beginner Solo 11-12, silver Lene Geyer, Modern Jazz Novice Solo 11-12, silver Miane de Bruin, Modern Jazz Beginner Solo 9-10, silver Monique Coetzer, Modern Jazz Amateur Solo 13-15, silver Shane Barnard, Modern Jazz Beginner Solo 7-8, high bronze Acrobat Solo: Klarissa Pretorius, Acrobatics Beginner Solo 11-12, silver Lyrical Dance Solo:

Amy Creydt, Lyrical Novice Solo 7-8, high bronze Renita Paul, Lyrical Amateur Solo 11-12, silver Antoinette Jansen van Vuuren, Lyrical Amateur Solo 16- 18, high silver Hip Hop Dance Trio: Hanku Potgieter, Joe Ingram en Nicolaas Hitge, high silver Hip Hop Beginner Novice Trio 7-8 Hip Hop Dance Solo: Hanku Potgieter, Hip Hop Beginner Solo 9-10, high silver Joe Ingram, Hip Hop Beginner 7-8, high silver Baie geluk aan elke deelnemer wat pragtig gedans het! Ongelukkig, as gevolg van beperkte spasie, is dit nie moontlik om ‘n foto van elke deelnemer te plaas nie.

Kyk asseblief uit vir foto’s wat op die Excelsior Nuus se Facebookblad geplaas sal word. Emmie Janse van Vuuren, van Junetts Dansskool in Piet Retief, wil graag ook vir elke danser baie gelukwens. Om op die verhoog te klim, voor al die mense in die gehoor, is alreeds ‘n enorme prestasie.

Met soveel pragtige dansers in Piet Retief, kan ‘n mens nie anders as om self ‘n bietjie ritme in die litte te ontwikkel nie en Junetts Dansskool se dansers hoef vir geen ander dansskool terug te staan nie!