Ongeluksverslag

Ongeluksverslag
Ongeluksverslag

Ongeluksverslag – Die afgelope week was maar ‘n redelike stil een vir die Nooddienste, maar tog was daar ‘n paar ongelukke om te rapporteer.

Op Woensdag, 12 Oktober, was twee voertuie oppad na Amsterdam vanaf Piet Retief, omstreeks 18:45 die aand. Daar het beeste oor die pad geloop en die bestuurders van beide voertuie het na bewering nie die beeste raakgesien nie, omdat dit reeds redelik donker was. Beide voertuie het blykbaar elkeen ‘n bees getref.

Daar is vier mense lig beseer gedurende die ongeluk. Op dieselfde dag, sowat 06:00 die oggend, was ‘n grys Honda oppad Piet Retief toe, vanaf Wakkerstroom. Daar is beweer dat die bestuurder die motor se spoed verminder het by die spoedhobbels naby die SAPD Klusterkantore (ou kommandokantore) en is in die proses deur ‘n vragmotor van agter getref.

Op die N2 na Ermelo, was die bestuurder van ‘n grys VW Polo oppad na Ermelo toe, toe dié vermoedelik uitgeswenk het vir iets in die pad en sodoende beheer verloor het oor die voertuig en in ‘n sloot beland het – ook op Vrydag, 14 Oktober. Op Saterdag, 15 Oktober, omstreeks 20:00 die aand, was die bestuurder van ‘n Ford oppad na Piet Retief vanaf Wakkerstroom, toe die bestuurder blykbaar uitgeswaai het vir ‘n voertuig in die aankomende rigting.

Die bestuurder het beheer oor die voertuig verloor en dit het in die bosse beland. Daar is een persoon ernstig beseer en nog twee ander lig beseer. Vrydag, 14 Oktober, omtrent 04:30 die oggend, was die bestuurder van ‘n bakkie oppad na Piet Retief vanaf Pongola, toe die bestuurder van die bakkie vermoedelik ‘n U-draai gemaak het op die N2 en toe getref is deur ‘n aankomende vragmotor. Een persoon is lig beseer.