LPR Beginnersdag

Hierdie jaar se beginnersdag by Laerskool Piet Retief se tema was: Buig die boompie terwyl hy jonk is.
Hierdie jaar se beginnersdag by Laerskool Piet Retief se tema was: Buig die boompie terwyl hy jonk is.

Hierdie jaar se beginnersdag by Laerskool Piet Retief se tema was: Buig die boompie terwyl hy jonk is.

On Friday, the 14th of October, a number of excited children as well as their parents attended Piet Retief Primary School’s open day. While the parents gathered in the hall the children were taken away in groups to show them a little bit more of the “big school”. Met dié bogenoemde tema in gedagte, het mev.

Marésa Viljoen van die SAOU, (Suid- Afrikaanse Onderwysunie) met die ouers gesels oor goue reëls van dissipline. Een van die reëls wat belangrik is, is om nie in argumente betrokke te raak voor kinders nie. Probeer eerder te alle tye die korrekte taal gebruik voor kinders. Dit is ook belangrik om as ‘n gesin om ‘n etenstafel te sit, want dit skep goeie dissipline en ‘n hegte gesinsband.

Na afloop van dié aanbieding het beide ouers en onderwysers wat teenwoordig was, ‘n paar dinge gehad om oor na te dink. Die kleinspan het behoorlik gebabbel van opgewondenheid toe hulle weer by hulle ouers aansluit. Die personeel van Laerskool Piet Retief sien baie daarna uit om die nuwe graad een leerlinge op die 11de Januarie 2017 te verwelkom.