Fountain Kids hét talent!

Fountain Kids
Fountain Kids

Die afgelope kwartaal was vol pret en jolyt by AGS Fontana se Fountain Kids! Die lesreeks vir die kwartaal was “Fountain Kids het talent” en die kinders het dié reeks terdeë geniet.

Die beoordelaars het ook gesorg vir pret en plesier
Die beoordelaars het ook gesorg vir pret en plesier

Elke Sondagsessie is afgeskop met ‘n minute to win it speletjie waar elke kind sy/ haar talent kon uitbeeld en wenspanne het almal golden tickets ontvang. Dié goue kaartjies was nie net vir die wenspanne beskore nie, maar ook vir elke kind wat teenwoordig was op daardie spesifieke Sondag, want by Fountain Kids is almal wenners!

Gedurende elke Talent Show was daar beoordelaars wat vele pret en opwinding aan die kleinspan verskaf het. Na afloop van al die pret is daar na Bybelverhale gekyk en persone in die Bybel wat hul natuurlike en geestelike talente gebruik het tot eer van Jesus. Esther, byvoorbeeld, was ‘n baie mooi meisie en het haar eie lewe in gevaar gestel om haar volk te red. Daar is verskeie verhale bespreek en die kinders het dit baie interessant gevind.

foto-3-daar-was-behoorlik-gesing-en-gedans

Die les-reeks het afgesluit met die slotsom dat elke kind gebore is met ‘n talent en dat ‘n mens nooit te jonk is om jou talente uit te leef nie, soos byvoorbeeld om ander mense te help of om ‘n verskil te probeer maak in ander mense se lewens. As gevolg van die sukses wat “Fountain Kids het talent” bereik het, word daar tans ‘n konsert beplan.

“Geestelike Geskenke” handel oor die feit dat ‘n mens van jongs af jou talente moet uitdeel en word op Sondag, die 13de November, om 09:00 by Fontana aangebied. Kom kyk gerus en ontvang jou eie golden ticket!