Rommelterrein by Waterwesedam ‘n skande

Rommelterrein by Waterwesedam ‘n skande
Rommelterrein by Waterwesedam ‘n skande

Rommelterrein by Waterwesedam ‘n skande – Met groot teleurstelling is waargeneem dat die plantasie, naby die Waterwesedam, steeds gevul is met geweldig baie rommel.

Na aanleiding van ‘n berig in ‘n vorige uitgawe van die Excelsior Nuus, nadat gevind is dat die plantasie bokant die Waterwesedam bestrooi lê met rommel, is die probleem steeds onveranderd. Op Vrydag, die 19de Augustus, is daar weer ‘n paar foto’s geneem in dié area. ‘n Mens wil amper dink dat hierdie tonele nou erger vertoon as vantevore.

Daar lê selfs berge bourommel op die ryvlak van die motorfietsbaan. In die skadu’s van die lang bome, ont-sier vullis en bottels werklik die mooi uitsig. A nee a! Daar moet daadwerklik iets hieraan gedoen word, want daar is heelparty gesinne wat graag hulle kinders na hierdie areas toe bring om ‘n genotvolle dag saam deur te bring. Indien daar lede in die gemeenskap is wat ‘n moontlike oplossing hiervoor het, kom maak ‘n voorstel sodat ‘n mens die kopseerareas kan begin opruim, wat vanselfprekend nie self, in so ‘n toestand beland het nie.