Onnodige veldbrande in die nag?

Onnodige veldbrande
Onnodige veldbrande

Onnodige veldbrande – Op Donderdag, 21 Julie, so tussen 18:00 en 20:00, was daar ‘n geweldige veldbrand tussen die begraafplaas en Draadstraat.

Alhoewel dit duidelik was dat die Nooddienste alles onder beheer gehad het, bly die vraag: hoekom daardie tyd van die dag? Meeste van die inwoners is dan reeds tuis, met die rook wat dan in almal se huise inborrel. Daar is sommige mense wat dan selfs klein kindertjies ook by die huis het.

En, om nog by te las, was daar ‘n sterk wind ook wat gewaai het terwyl die vuur so na aan die residensiële gebied brand. Ons weet dat voorbrande gedoen moet word en dat dit ook ‘n manier is om die gras kort te kry wat nie gesny word nie, maar hoekom daardie tyd van die dag of liewer nag?