Laerskool Piet Retief vier Vrouedag

Laerskool Piet Retief vier Vrouedag
Laerskool Piet Retief vier Vrouedag

Vrouedag was hierdie jaar op Dinsdag, die 9de Augustus en personeellede saam met die jong dames van Laerskool Piet Retief het dié dag saam gevier op Vrydag, die 12de Augustus.

Die jong meisies het almal opgedaag, geklee in ‘n demin en stewels – al te fraai! Mrs. Ronell Britz welcomed everyone with a short speech about the beauty of each woman or girl. She emphasised that everyone has a special road to walk in life and each person’s road is different and there will be challenges to face along the way.

A girl by the name of Nqobile was introduced to the audience. She gave a testimony of her life since she was a little girl and explained that she had many challenges in her life but she tried her best to overcome them. By being a strong girl, she became a beautiful young and inspiring woman. Daarna het mev San-Marie Brauckmann die geleentheid gehad om te gesels oor tafel-eti-ket en hoe ‘n mens ‘n mooi tafel kan dek. ‘n Interessante demonstrasie oor grimeringstegnieke is aangebied deur Me Annastine van der Merwe.

Van oud tot jonk kon ‘n wenk of twee leer uit die tegnieke wat sy verduidelik het. Sy het aanbeveel dat ‘n natuurlike voorkoms mees gepas is vir ‘n jonge dame. Vier van die graad sewe dogters het die jongspan vermaak deur ‘n modeparade te hou. Elkeen het werklik pragtig gelyk! Daar is vir die dames geleer dat dit belangrik is om op ‘n gepaste wyse aan te trek vir spesifieke geleenthede. Shortly after the fashion parade, the girls enjoyed the lovely voice of Zile Dlamini, who entertained them with singing.

The girls enjoyed it so much, they sang together and even danced a bit. Mnr. Roodt het daarna die dogters almal bederf met ‘n heerlike kolwyntjie en mev. René Britz het aan elkeen ‘n sjokolade hartjie en ‘n suigstokkie gegee. Die meisies het die verrigtinge werklik geniet!