Inbraak terwyl alarm geaktiveer is

Gedurende die loop van die dag, op Woensdag, 20 Julie, was daar ‘n geval van Inbraak in De Jagerstraat.
Gedurende die loop van die dag, op Woensdag, 20 Julie, was daar ‘n geval van Inbraak in De Jagerstraat.

Gedurende die loop van die dag, op Woensdag, 20 Julie, was daar ‘n geval van Inbraak in De Jagerstraat.

Die inwoner van die eiendom het bevestig dat sy nie tuis was tydens die inbraak nie. Sy vertel dat sy ‘n sekuriteitsfirma in die dorp, enkele weke voor die voorval, gekontak het om te verseker dat die alarmsisteem in haar huis in volle werkende toestand is. Die sekuriteitsfirma het haar gerusgestel en haar verseker dat alles reggemaak is en korrek funksioneer. Sy kon toe met ‘n geruste hart weggaan. Sy het die alarmsisteem geaktiveer voor sy haar huis verlaat het.

Op die betrokke dag was daar van die dame se items in die straat opgetel deur ‘n gemeen-skapslid. Die persoon het dadelik die dame daarvan in kennis gestel en vir haar gesê dat daar moontlik by haar eiendom ingebreek is. Sy het dadelik die sekuriteitsfirma gekontak en gevra dat hulle na haar eiendom sou gaan om seker te maak dat alles reg is. Die firma het haar verseker dat dit onmoontlik ‘n inbraak kon wees, want die huis se alarm het nie afgegaan nie.

Tot almal se verbasing was daar toe wel ingebreek. Die kriminele het toegang tot die huis verkry deur die motorhuis. Hulle het ook die sekuriteitshek oopgebreek. Die gebeure het alles helder oordag plaasgevind. Niemand het die boewe gesteur nie en hulle het genoeg tyd gehad om alles te steel wat hulle wou gehad het. Items soos juwele, televisietoestelle en items van sentimentele waarde is geroof. Wat vreemd is van die spesifieke huisbraak is die feit dat die alarmogies, in die motorhuis en voorkamer, nie geaktiveer was nie.

Dit, nadat die sekuriteitsfirma bevestig het dat alle toestelle ‘n honderd persent funksioneer. Juis dié area waar die skelms toegang tot die eiendom verkry het, was nie geaktiveer nie. Dit verduidelik hoekom die huis se alarm nie afgegaan het tydens die inbraak nie. Nog ‘n vreemde ding is die feit dat die inbraak gebeur het op die dag van die week wanneer daar nooit iemand tuis is nie. Dit wil vir ‘n mens voorkom asof hierdie ‘n beplande huisbraak was.

Die polisie was op Donderdag, 21 Julie, by die huis om vingerafdrukke te neem. Ondersoek word tans ingestel. ‘n Mens begin wonder of dit jou enigsins help om ‘n alarmsisteem te hê en ten duurste te betaal vir opgradering en onderhoud. Wat help dit ‘n mens nou eintlik om al hierdie duur toetstelle te laat installeer as die goed “ewe skielik” nie funksioneer wanneer dit veronderstel is nie?

Die foto wys duidelik hoe die sekuriteitshek oopgebreek was
Die foto wys duidelik hoe die sekuriteitshek oopgebreek was