Die personeel sowel as die inwoners van Huis Immergroen verwelkom graag hierdie week vir mev. J.A.O van Vuuren. Mev. van Vuuren.

Sy is oorspronklik van Bethal, maar haar kinders is woonagtig te Piet Retief. Almal wens u ‘n heerlike verblyf toe by die tehuis en hulle glo dit sal vir u aangenaam wees.

“Met jou aangename persoonlikheid het jy ons kom verras, uitgesoek om by ons te pas. Met ope arms wil ons jou binne nooi, want met liefde en warmte is jy opgetooi” (onbekend).

Op Maandag, die 18de Julie, het die tehuis besoek ontvang van drie kinders wat graag vir die inwoners geskenkpakkies wou bring om só hulle 67 minute vir Mandela Dag by te dra. Wat ‘n wonderlike gebaar! Die bejaardes het die verrassings terdeë geniet en was baie dankbaar vir die geskenkies wat hulle ontvang het. Onthou, liefde maak ons vriende ‘n bietjie meer kosbaar, vreugde maak ons harte ‘n bietjie ligter, geloof maak ons paaie ‘n bietjie duideliker, hoop maak ons lewens ‘n bietjie helderder en vrede bring ons almal ‘n bietjie nader. Gaan loer gerus in by die mense van die tehuis.

Elke kuiertjie word opreg waardeer en hulle geniet dit om hul liefde, vreugde, geloof en hope staaltjies te deel. Wie weet, ‘n mens mag dalk self net ‘n bietjie vrede daaruit kry! Immergroen liefdegroete.