AfriForum Jeugvleuel herstel slaggat

AfriForum Jeugvleuel herstel slaggat
AfriForum Jeugvleuel herstel slaggat

Die jeugvleuel van die AfriForum-tak in Piet Retief het ‘n groot slaggat voor die Mkhondo Plaaslike Munisipaliteit herstel, waarvan die uitgawes by ‘n eis van R260 000 vir die herstel van slaggate in dié dorp gevoeg sal word.

AfriForum het die munisipaliteit op 18 Julie 2016 skriftelik versoek om die slaggat binne vyf dae te herstel, maar geen reaksie is ontvang nie. “Waarom sal die munisipaliteit slaggate in die res van die gemeenskap herstel as hulle dit nie eers voor hul eie kantoor doen nie?” vra Johann Weber, AfriForum se streeks-koördineerder vir Mpumalanga-Oos. “Die jeugvleuel is opgewonde om ‘n verskil in die gemeenskap te maak en in te gryp waar die munisipaliteit versuim om dienste te lewer.

Dit is ook tyd dat jongmense weer aktief in hul gemeenskappe betrokke raak,” sê Hanu Lategan, voorsitter van die jeugvleuel van AfriForum se Piet Retief-tak. Gemeenskapslede van Piet Retief kan AfriForum se inisiatief ondersteun deur “Gat” na 45350 te SMS (R1).