Tuisnywerheid Jaarvergadering

Tuisnywerheid Jaarvergadering
Tuisnywerheid Jaarvergadering

Op Dinsdag, 21 Junie 2016, het die Tuisnywerheid hulle jaarlikse vergadering gehad by Mamma Mia Restaurant.

Die direksie en lede van dié besigheid was almal teenwoordig en mnr. Moses Fakude (‘n plaaslike groentekweker) is ook uitgenooi om te kom deel in die besprekings van die vergadering. Daar was heerlik gekuier om die tafel met ‘n warm koppie tee en goeie geselskap. Mnr. Fakude het trots ingestap met ‘n emmer vol kraakvars groente. ‘n Mens kon sien dat hy baie moeite en tyd bestee om die beste groente te lewer en die eindprodukte is werklikwaar van top gehalte.

Volgens lede van die Tuisnywerheid het Mev Joey Woest baie jare gelede vir mnr. Fakude geleer hoe om met groete te werk. Sy het hom gewys hoe om dit te weeg en te verpak. Vandag kan hy met trots sy eie groepie mense oplei en self groente plant, kweek en bewerk. Goeie werk, Moses. Ons weet sommer dat jou groente alreeds ‘n reuse sukses is, hou so aan!