SAPS Piet Retief waarsku die gemeenskap

SAPS Piet Retief waarsku die gemeenskap – Die SAPS Piet Retief wil ‘n waarskuwing uitstuur aan die gemeenskap om waaksaam te wees teen diefstal.

Die afgelope maand het diefstal ernstig toegeneem in Piet Retief. Die polisie doen graag ‘n beroep op die gemeenskap om oplettend te wees wanneer jy jou voertuig sluit met ‘n afstandbeheerder (remote). Daar is reeds talle sake geopen van diefstal as gevolg van voertuie wat nie gesluit was nie. Wees asseblief bedag op moontlike verdagte persone in parkeerareas en in die dorpsgebied wanneer jy jou voertuig parkeer en sluit.

Maak seker dat die voertuig wel gesluit is. Kriminele gebruik ‘n “remote” om jou voertuig se frekwensie te affekteer. Dit veroorsaak dat die voertuig nie sluit nie en op daardie manier verkry hulle toegang en kan jy so beroof word. Huisbrake neem ook toe. Soos die afgelope paar weke ondervind is, is ‘n populêre tyd waarop die inbrake plaas vind op Sondae wanneer mense kerk toe gaan.

Wees waaksaam en maak seker dat die nodige veiligheidsmaatreëls in plek is by jou eiendom. Wees ook op die uitkyk vir verdagtes wat ronddwaal in residensiële areas. Indien daar enige onraad vermoed word, stel die polisie asseblief dadelik in kennis daarvan.