Piet Retief Rotariërklub Oorhandig tjek ten bate van Elle

Piet Retief Rotariërklub Oorhandig tjek ten bate van Elle – Op Dinsdag, 21 Junie, het Mnr. Bill Hattingh ‘n tjek aan Angelika Visagie oorhandig om te help met die dekking van Elle, Danny en Angelika se dogter, se mediese onkostes.

Daar was onlangs ‘n berig oor Elle Visagie, wat aan Prader-Willi Sindroom ly, in die Excelsior Nuus. Lede van die Piet Retief Rotariërklub het die berig gelees en besluit om ‘n vergadering te hou.

Tydens die vergadering het die lede besluit om ‘n bedrag te skenk ten bate van Elle se mediese onkostes. Mnr. Bill Hattingh het Angelika Visagie besoek en ‘n tjek aan haar oorhandig. Baie dankie aan die Rotariërklub vir jul skenking, ons glo die Visagie familie waardeer dit opreg.