Net handjievol ongelukke

ongelukke
Ongeluksverslag

Met die tweede week van die vakansie wat al verstreke is, is dit goed om te sien dat slegs ‘n handjievol ongelukke sover plaasgevind het.

Op Woensdag, 29 Junie, het ‘n vragmotor sy vrag op die Pongolapad verloor. Blykbaar het die laaimas van die vragmotor losgekom, wat gely het tot die vrag wat verlore gegaan het. Op Sondag, 3 Julie, het daar ‘n ongeluk op die Ermelopad plaasgevind.

Die bestuurder van ‘n bakkie het vermoedelik uitgeswaai vir ‘n voertuig wat in die teenoorgestelde rigting aangekom het, en sodoende in die veld beland.Ook op Sondag, 3 Julie, was daar nog ‘n ongeluk op die Ermelopad, waarin vier voer-tuie betrokke was. Dit word beweer dat die bestuurder van ‘n Golf, teen ‘n bakkie vasgery het en dit het ook veroorsaak dat die bakkie toe ‘n ander bakkie getref het.

Die inligting oor die vierde voertuig is nog onbekend. Vyf persone is lig beseer.‘n Derde ongeluk het ook op Sondag, 3 Julie, dié keer op die Pongolapad, gebeur. Blykbaar het die bestuurder van ‘n voertuig beheer verloor en dit het toe veroorsaak dat die voertuig op sy dak beland het. Daar is tans geen verdere inligting oor die ongeluk beskikbaar nie.