Woodchemicals SA deel uit

Woodchemicals SA deel uit
Woodchemicals SA deel uit

Die afgelope week of twee het Woodchemicals SA ingespring en rolle papier gaan uitdeel aan verskeie skole en organisasies in die dorp.

Mr John Mthimkulu en Mej Rachel Botha het ‘n draai gemaak by Uzwelo Youth and Child Care Centre waar hulle rolle papier geskenk het aan die kinders. Dit is nie al nie, Mr Fanie Lerm van Propicor lê op ‘n maandelikse basis besoek af by ‘n verskeidenheid skole: Busy Bees, Little Angels, Mkhondo House, Maranatha School, Elfieland en Rinkel Krinkel Pre- Primê Skool om van hierdie rolle papier te gaan aflewer.

Hierdie rolle papier is oorskiet waarvoor die firma geen nut het nie, daarom het hulle dit goed gedink om dit aan gemeenskapskole en organisasies te skenk wat dit vir ‘n goeie doel kan gebruik. Die skole en organisasies gaan dit verseker baie goed benut. Baie dankie!

Little Angels Kleuterskool ontvang ook hulle donasie
Little Angels Kleuterskool ontvang ook hulle donasie
Mr John Mthimkulu en Mej Rachel Botha van Woodchemicals S.A. saam met die kinders van Uzwelo Youth and Child Care Centre
Mr John Mthimkulu en Mej Rachel Botha van Woodchemicals S.A. saam met die kinders van Uzwelo Youth and Child Care Centre