Woelinge by Huis Immergroen

Woelinge by Huis Immergroen
Woelinge by Huis Immergroen

  Saam met die veranderinge in die natuur, verander dinge ook so bietjie by Huis Immergoen – daar is vernuwing maar ook konstantheid en hartseer.

Die huis op die hoek van Mark- en Smitstraat is pragtig opgeknap en gereed vir nuwe huurders. Die huis is ook nog beskikbaar – kontak Ellen Koch(017 826 4918) in die verband. ‘n Nuwe inwoner word hierdie week verwelkom in Huis Immergroen. Oom Marthiens Fourie het op Dinsdagoggend, 31 Mei, by die tehuis ingetrek. Mag Oom sommer baie gelukkig wees tussen hierdie klomp liewe bejaardes en puik personeel.

One of the staff, Sibongile Nkosi, sadly died on Tuesday 24. Sibongile mostly worked at the Villa Sandra section but will be sorely missed! Huis Immergroen‘s staff and residents are like one big family and losing one member is very hard to accept. Our most heartfelt sympathy goes to her relatives and friends. May you cherish lovely memories of her. Verpleegster Ida van Vuuren se eggenoot, Mnr. Hennie van Vuuren is op Saterdag 21 Mei in Pretoria oorlede na ‘n byna vyf maande lange stryd teen limfklierkanker. Al weet ons dat hy nou rus en geen pyn meer het nie, bid ons Ida en haar familie en vriende   troos toe en sterkte met die verlang wat nou voorlê.

Mag ook julle mooi herinneringe koester en die Here se nabyheid spesiaal ervaar in hierdie moeilike tyd. Mev. H.S. Steyn, wat vanaf Oktober 2012 in die tehuis woonagtig was, is op Dinsdagoggend 31 Mei oorlede. Sy was oorlede Bennie Meyer se aanneemmoeder. Anina, Marlene, Annelie en familie word sterkte toegebid met hierdie verlies en die baie verlang. Die personeel, bestuur en inwoners betuig graag hulle innige simpatie met julle. Baie personeellede werk maar dikwels as’t ware agter die skerms en hulle harde werk word nie altyd rakgesien nie.

So werk die washuispersoneel onverpoosd voort om te sorg dat Huis Immergroen se inwoners altyd skoon en vars klere en beddegoed het. Sibongile Makhabela werk al vanaf 1988 by Huis Immergroen en reeds vanaf 1996 in die washuis. Maureen Manyathi het in 2012 by haar in die washuis aangesluit. Baie dankie Sibongile en Maureen vir julle vriendelike, aanhoudende goeie werk! Dit word waardeer. Dankie aan almal wat steeds vriende van Huis Immergroen is. Almal word genooi om by hierdie wonderlike vriendekring aan te sluit. Immergroen liefde