Winterwarm resep vir die week

Winterwarm
Winterwarm

Winterwarm resep vir die week – Wonder jy soms wat is vir aandete? Dalk behoort ‘n weeklikse winterwarm resep die antwoord te wees.

“Wat’s vir aandete?” Hierdie geurige en smaaklike gesinsmaaltyd sal altyd ‘n wenner wees. Hoender Breyani Genoeg vir 6 mense Bereiding en gaarmaak:

ongeveer 35 minute 500 ml (2 koppies) rys 25 g botter of margarien 1 ui, gekap 1 lourierblaar 3 kardemompeule, fyngedruk 1 kaneelstok 5 ml (1 teelepel) borrie 4 hoenderborsies, in blokkies gesny 60 ml (1/4 koppie) kerriepasta 80 ml (1/3 koppie) rosyne 750 ml (3 koppies) hoenderaftreksel koljander, geka.

Was die rys in koue water tot die water skoon loop. Verhit die botter in ‘n kastrol en soteer die ui vir 5 minute lank saam die lourierblaar en ander heel speserye. Strooi die borrie in en voeg dan die hoender en kerriepasta by. Braai tot geurig. Roer die rys in die pan in saam met die rosyne en giet dan die aftreksel oor. Plaas ‘n styfpassende deksel op die pan en bring tot kookpunt. Verlaag die hitte en kook die rys vir nog 5 minute lank.

Skakel die hitte af en laat staan vir 10 minute. Roer goed deur en meng die helfte van die koljander deur. Strooi die res van die koljander oor en sit voor.