Straatligte met ‘n skok

Straatligte met ‘n skok
Straatligte met ‘n skok

Straatligte met ‘n skok – Die plaaslike munisipaliteit van Mkhondo het onlangs ‘n nuwe stopteken opgerig by die drierigting-kruising van Kerk- en Draadstraat.

Regoor die Laerskool se uitgangshek in die rigting van Ermelo, is die ou stopteken vervang met ‘n nuwe een. Dit is wel goed dat die teken daar vervang is, maar dit het ook nou ‘n bietjie van ‘n skok in die verhaal geplaas. Daar is nog nie vasgestel wat die oorsaak is nie, maar daar is nou wel ‘n probleem. Reg by die stopteken is daar straatligte wat om een of ander rede ‘n skok by het. Daar is onlangs gewaar dat die teken dalk ‘n elektriese lading in dit kan hê. Die stopteken is wel getoets en daar is gevind dat dit ‘n lading het maar skaars genoeg om enige skade te doen. Daar is wel bevind dat die twee straatligte ‘n lading het wat meer ernstig kan wees. Die straatligte is getoets en ‘n lading van 130V is gemeet.

Volgens kenners is dit nie ‘n groot genoeg lading om skade te doen aan iemand (met skoene aan) wat daaraan raak nie, maar as jy wel kaalvoet is, of dit nat is kan jy ‘n ligte skok voel. Die groot probleem is dat die straatligte reg voor die Piet Retief Laerskool geleë is waar daar daag-liks kinders is wat kaalvoet rondloop. Die rede vir die kortsluiting is nog onbekend, maar aksie sal dadelik geneem moet word om die oorsaak daarvan duidelik te maak en die probleem te elimineer.