Nuwe bestuur vir AfriForum se Piet Retief-tak

Nuwe bestuur vir AfriForum se Piet Retief-tak
Nuwe bestuur vir AfriForum se Piet Retief-tak

Die burgerregteorganisasie AfriForum het op 20 Mei 2016 ’n nuwe takbestuur in Piet Retief verkies.

Meer lede is verkies om aan bepaalde behoeftes te voldoen wat deur gemeenskapslede in Piet Retief geïdentifiseer is. Die takbestuur bestaan uit Sarel Nieuwenhuizen (voorsitter), Willem Grobler (ondervoorsitter), Tharina Botha (sekretaris), Joe Filter (veiligheid), Marius van Vuuren, Chris Stander, Eckard Hiesterman, Tommy Ferreira (plaaslike regering- Mediaverklaring sake), Louis Malan, Schubert Smith en Hannes van der Wath (omgewingsake).

Die tak het ook ’n jeugstruktuur gestig met die volgende bestuurslede: Hanu Lategan (voorsitter), Sakkie Brits, Wynand Nieuwenhuizen, Berno Böhmer, Tinus Taljaard en Isak du Plooy. “Die AfriForumtak in Piet Retief het egter in dié stadium slegs 200 lede en talle suksesse is reeds in hierdie dorp behaal. Daar is die afgelope jaar reeds oor die R400 000-00 teruggeploeg in die Piet Retief-gemeen- Van links na regs: Marius van Vuuren (Plaaslike Regering), Sakkie Brits (Jeug), Hannes van der Wath (Omgewingsake), Willem Grobler (Ondervoorsitter), Hanu Lategan (Jeug), Louis Malan (Omgewingsake), Eckard Hiestermann (Plaaslike Regering), Tharina Botha (Sekretaris), Sarel Nieuwenhuizen (Voorsitter), Tommy Ferreira (Plaaslike Regering), Chris Stander (Plaaslike Regering) en Johann Weber (Streekskoördineerder: MP-Oos) skap.

Dink net wat ons alles kan regkry met 2 000 lede,” het Johann Weber, AfriForum se streekskoördineerder vir Mpumalanga-Oos, gesê. “Ek is daarvan oortuig dat die nuutverkose bestuur in Piet Retief baie suksesse gaan behaal,” het Sarel Nieuwenhuizen, voorsitter van die AfriForumtak in Piet Retief, bygevoeg. AfriForum versoek inwoners van Piet Retief om dié dorp se AfriForumtak te ondersteun. SMS jou naam na 45350 (R1) om betrokke te raak.