‘n Nuwe stortingsterrein in ons midde?

‘n Nuwe stortingsterrein in ons midde?
‘n Nuwe stortingsterrein in ons midde?

Het ons dalk ‘n nuwe stortingsterrein om vullis te stort, of is dit net ‘n skreiende skande dat lede van die gemeenskap so ‘n gemors kan maak?

In en om Piet Retief het ons pragtige natuurskoon en ons dorpie het nog altyd bekend gestaan vir die mooi plantasies en omliggende damme en plante, daarom is hierdie ‘n skokkende ondekking:

Net aan die bokant van die Hoërskool se sportgronde is daar ‘n motorfietsbaan geskraap waar jonk en oud kan gaan rondrits en ‘n lieflike familiedag saam kan geniet. Ongelukkig is die prentjie waarin ‘n mens moet vaskyk nie so ideaal nie. Indien ‘n mens ‘n entjie verder aanry, nader aan die dorp se Waterwesedam, lyk dit ook skrikwekkend met al die rommel en bottels wat oral gestrooi lê en dit bederf werklik die uitsig.

Hierdie was nog altyd ‘n heerlik plekkie om jou gesin uit te neem vir ‘n dag van visvang en om genot te put uit die omgewing. Ongelukkig is dit nou blykbaar iets van die verlede…of nie? Kom ons almal werk saam om seker te maak dat die natuurskoon in en om die dorp inderdaad ‘natuurskoon’ bly. Op die ou einde is dit tot almal se voordeel, en almal kan plesier daaruit put.