Junior Sharkies ontvang hulle kleure

Junior Sharkies ontvang hulle kleure
Junior Sharkies ontvang hulle kleure

Op Woensdag, 8 Junie 2016, het vyf Laerskool Piet Retief seuns Durban besoek om hulle Junior Sharkskleure te ontvang.

Die seuns, saam met Mnr. A. Janse van Vuuren en Mnr. P. Joubert, het die aand om 18:00 Growth Point Kings Park besoek. Die seuns het dié aand hul kleure ontvang en was ook gelukkig om bekendes soos John Smit ( CEO van die Sharks) en Tera Mtembu (Sharks-speler) te ontmoet. Deacon Pretorius speel vanaf 3 tot 8 Julie vir die O/13A Cravenweek-span in die Paarl.

Luco van der Walt speel vanaf 24 tot 29 Junie in die Nashua Nasionale Week vir die O/13B Nashua XV-tal, in Sasolburg . Duan Momberg, Zander Coetzee en Khaya Dube speel vanaf 22 tot 25 Junie in die NKZN Laerskool Rugbytoernooi vir die O/12A span. Baie geluk aan die die bogenoemde seuns met hul prestasies. Geniet dit en hou ons dorpie se naam hoog.