HPR Sportseisoen nader einde

Second Netball Team’s Performance
HPR Sportseisoen nader die einde

Rugby O/14 Piet Retief teen Secunda. Daar is ‘n beroering in die hoëveld streek. Die O/14 rugby-span van Piet Retief se naam is op almal se lippe.

Verlede Saterdag was die halfeindrondte van die Mpumalanga Medium Skole reeks. Die windjie het liggies gewaai en met tye kon mens die reuk vanaf die Sasol aanleg in die neus kry, maar hierdie groen masjien word deur ‘n ander soort petrol aangedryf – die wil om te wen. Met Secunda se afskop was die bal direk uit en ons het op die halflyn ge-skrum. Ons manne was op hulle stukke en ons het gou vir ons opponente ‘n skrumles geleer.

Secunda se plan om hoë skoppe te lanseer en die kantlyn op te soek het hulle nie veel gehelp nie want ons het so te sê al die balbesit oorgeneem en hulle terug in hul eie halfgebied gedryf. Gou het ons agter hulle doellyn gaan kuier en die ys gebreek met ons eerste drie. Dit was die vonk wat die vuur aan die brand gesteek het en toe speel ons manne soos ‘n trop wilde honde wat als in hul pad wil verskeur.

Halftyd het aangebreek en daar is kajuitraad gehou en aangemoedig om met dieselfde spel en determinasie aan te gaan. The second half of the game was just as exiting and with our fearless defence no points could be scored against us. It was great to see that not only do we play a physical game but we know how to keep our opponents mentally out of their rhythm. Neat backline moves and perfect ball handling saw us trough and we took another victory with 15 – 0.

One more step to be crowned champions of the province. Wille Honne!!! A special thanks to the under 16 hockey girls for their support during the game. Congratulations to them as well on their win over Kriel with a penalty shoot out. Mpumalanga A-Liga Netbal Finaal Die afgelope naweek het Hoërskool Piet Retief se 0/14, 0/16 en 1ste netbalspanne deelgeneem aan die MPU Netbal A-Liga finaal in Witbank by Hoërskool Generaal Hertzog. Die 1ste span het deel geneem in hul afdeling en teen Ligbron, Delmas en Barberton gespeel.

Ongelukkig het hul naelskraap teen Ligbron en Barberton verloor. Hul sluit hul seisoen goed af en kop omhoog. Die 0/14 span het hul wedstryde teen Delmas en Rob Ferreira gewen en so deurgedring na die kwarteindrondte waar hul met ekstra tyd, 7-3, gewen het teen Barberton. Hul het deur gedring na die halfeindrondte en toe verloor teen Ligbron en Standerton. Die 0/14 span eindig algeheel in die 3de plek van die Medium Skole.

Die een span wat egter stof gemaak het by die finaal, was die 0/16 span. Hulle het al hul groepwedstryde teen Barberton en Greendale gewen. Hul dring deur na die kwarteindrondte en wen Delmas 17-12. In die halfeindrondte het hul teen Ligbron gespeel en met 1 punt gewen, 11-10. Tydens die finaal het hul teen Rob Ferreira gespeel en wen gemaklik met 12-4 gewen. Die 0/16 span van Juffrou Olmesdahl het met goud weg-gestap as wenners van die Medium Skole. Baie geluk aan elke speler, afrigter en ouer.

Dit was definitief ‘n goeie seisoen. Ons sien uit na die 0/15 toernooi wat op 20 Augustus plaasvind in Witrivier. Sterkte meisies. Hokkie vs. Kriel 0/16 Die meisies was slaggereed vir die wedstryd teen Kriel. Met baie entoesiasme het hulle op die veld uitgedraf. Die dogters het hulle harte uit gespeel en teen halftyd was die telling nog steeds 0-0. In die tweede helfte het die meisies ongelooflike hokkie gespeel, maar kon nie daarin slaag om enige doele in die hok te kry nie.

Vyf meisies moes die stresvolle “8 seconds” doen waar hulle een-een moes afstorm op die doelwagter om te probeer om die bal in die hok te kry. Die meisies het die “8 seconds” verpletter en op die ou einde 3-2 gewen. Baie geluk meisies. Baie geluk aan Karien du Toit, wat as speler van die wedstryd aangewys is. Sterkte vir die 16de en 17de Junie vir die finaal op Witbank.