Goodbye, tot siens, Eric Delport

eric delport
eric delport

Goodbye, tot siens, Eric Delport – Op 8 Mei 2016 moes Eric Delport se familie van hom afskeid neem, toe hy na ernstige siekte, waarvan die laaste drie weke die moeilikste was, oorlede is.

Eric Daniël Benjamin Delport is op 19 Junie 1960 gebore en het op Warenton grootgeword. Eric was te Bloemfontein in die weermag en het sy loopbaan begin as ‘n staatsouditeur. Op 19 April 1984 is hy met Annalize Rossouw getroud. Hulle het twee kinders, Elizna (30) en Nathan (28). Die Delports het vir 14 jaar in Barberton gewoon. Daar is Eric aangewys as bakkerybestuurder van die jaar (1997) by Albany Bakkery.

In 1998 het die gesin na Piet Retief verhuis. Hier het Eric sy eie bakkery begin – Emmies. Vanaf 2004 het Eric by die munisipaliteit gewerk (eers as ouditeur en later in beheer van sy afdeling). Tydens die gedenkdiens op 12 Mei, te Fontana, het die burgemeester, sy edele B.H. Mtshali gesê dat Eric ander gedien het en sy aardse wedloop met onderskeiding gehardloop het.

Sy werk is met onderskeiding en toewyding gedoen en sy voorbeeld was navolgenswaardig. Mnr. Mtshali het verder onder andere die volgende gesê (verkort – slegs uittreksels): “I have been asked to pay tribute to one of the greatest sons ever to grace the length and breadth of our beautiful town Mkhondo, commonly known as Piet Retief.

We should be mourning but the need to celebrate his life surpasses all our tears. I stand here today to proclaim that you were ours in the municipality. There are also others that claim you as theirs, your family, to whom I say thank you for sharing Eric with us. Your loss is our loss, the chair he occupied in the house will now remain vacant and the space he occupied in your individual lives will remain open, same with us, his position and what he worked for and died for will remain forever vacant. Eric, we will all look back at you with fond memories.

We will remember you as a friend, an employee who loved his work, even when you were ill and fragile you soldiered on, we will remember you as funny, dedicated and yet, stubborn. I salute you.” Annalize, Elizna en Nathan, mag julle die nabyheid van ons groot Trooster ervaar en julle verlustig in die goeie herinnerinnge wat julle kan koester.