Besige week vir ons Nooddienste

besige week vir ons Nooddienste van Piet Retief
besige week vir ons Nooddienste van Piet Retief

Weereens was dit ‘n besige week vir ons Nooddienste van Piet Retief, wat soos altyd spoedig was om by die ongelukke uit te kom en op te ruim.

Op Donderdag, 26 Mei 2016, omtreeks 10:00 die oggend, het daar ‘n ongeluk plaasgevind op die Ermelopad. Die bestuurder van ‘n bakkie het vermoedelik ‘n vragmotor verbygesteek terwyl twee ander voertuie vanaf die teenoorgestelde rigting aangekom het. Die bestuurder van die bakkie het die eerste voertuig gemis, maar ongelukkig nie die tweede een nie. Die bakkie het blykbaar getol en die vragmotor ook getref. Niemand is beseer nie.

Op Vrydag, 27 Mei 2016, omtrent 16:00 die middag, was daar ‘n voertuig oppad in die rigting van Wakkerstroom. Die bestuurder het blykbaar te vinnig om ‘n draai gegaan, en beheer verloor en is teen ‘n krans af. Vyf mense is beseer.

Ook op Vrydag, 27 Mei 2016, teen 17:00 die middag, was daar drie voertuie betrokke in ‘n ongeluk. Die bestuurder van ‘n groen Sentra het vermoedelik voor twee ander voertuie gery. Die bestuurder van die Sentra het blykbaar geskrik vir iets van voor en toe dadelik tot stilstand gekom. As gevolg daarvan, het die twee voertuie wat agter was, in mekaar vasgery.Op Saterdag, 28 Mei 2016, omtrent 11:00 die oggend, het die bestuurder van ‘n trekker, op die Paulpietersburgpad, vermoedelik te vinnig teen ‘n bult afgegaan en in die proses beheer verloor.