BB2BB vir CANSA voltooi!
BB2BB vir CANSA voltooi!

BB2BB vir CANSA voltooi!

Die storie van Philip, sy motivering en sy reis per fiets tot op daardie stadium (10 April) is vertel in die Excelsior Nuus van 15 April. Dit was nadat hy vanaf Beitbrug tot Piet Retief (sowat een derde van die beoogde afstand) gery het. Die naam BB2BB – One Great Challenge, kom juis van die roete vanaf Beitbrug tot Bloubergstrand in die Kaap, waar hy woon. Dat dit ‘n uitdaging was, is gewis aangesien die uiteindelike 3 314 km gery is, sonder om nasionale paaie te gebruik. Op 2 Mei, dag 32 en die laaste dag van die toer het Philip se vrou en ‘n paar vriende by hom aangesluit vir die laaste tog.

Toe die groep by Malmesburyweg kom, het hulle besef dat hulle teen die Suidooster sou moes inry vanaf Duynefontein. Daarom het hulle van daar af ‘n trein gevorm en kon Philip lekkerder as ooit vanaf Melkbos tot Blouberg die Suidooster inry in ander fietsryers se “slipstream”. Sy vriende het hom egter alleen “Eden on the Bay” laat binnery waar ‘n groot groep familie en vriende hom op die grasperk ingewag het. So het sy epiese reis van 3 314 kilometer in 32 wonderlike dae geëindig. Op sy blog, dag 32 skryf Philip: “Thanks to everybody who followed my wanderings during the last 32 days. This definitely was the pinnacle in my cycling career and something I will not and do not wish to improve on!

Die 67-jarige Philip Erasmus, het met toegewydheid en deursettings vermoë voltooi waarmee hy begin het en sodoende werklik ‘n verskil gemaak in die lewens van baie kankerlyers.

All the glory to our Lord Jesus Christ who gave me the physical and mental strength to complete this amazing journey.” In die terugblik (“refelection”) op sy blog skryf Philip die volgende: “Ek het nooit, op enige tydstip terwyl ek gery het, bedreig of in gevaar gevoel nie. Almal langs die pad was vriendelik en meeste verbygangers het vriendelik gegroet. Ek het selfs ‘n oomblik in Natal beleef waar ‘n vragmotor, toe hy my op die grondpad sien aankom, stilgehou het sodat die stof kon gaan lê, en nadat ek verby is verder gery het. Ek is ook baie dank verskuldig aan ons Here Jesus Christus wat Sy hand van bewaring heeltyd oor my gehou het. Ek het ook tyd gehad, veral onderwyl ek alleen was, om met Hom te praat.

Ek moet bieg dat ek nie antwoorde op van die vrae wat ek gevra het, gekry het nie, maar dit was goed om, in afsondering, met Hom te kommunikeer. So kom alle goeie dinge tot ‘n einde. Dankie aan een en almal wat gedurende die afgelope maand hierdie avontuur saam met my beleef het.” Susann Breytenbach van CANSA reageer so: “WOW Philip! Well done and a HUGE thank you from CANSA for tackling this difficult project and for completing it successfully. Ons by KANSA waardeer elke trap wat jy gegee het. Thank you to your wife Sue and your friends who supported you all the way and also to every donor and sponsor who made it possible for you to achieve your dream. Geniet jou rus!” Ons salueer jou, Philip!