Huisbraakpogings – Sekuriteitsdienste en SAPS span saam

Sekuriteitsdienste en SAhuisbraakpogings - PS span saam teen misdaad
Sekuriteitsdienste en SAPS span saam teen misdaad
Nadat daar verlede week gerugte die rondte gedoen het van verskeie huisbraakpogings, het boosdoeners weer in die dorp toegeslaan en Vrydagaand, 13 Mei, by ‘n plaaslike besigheid in die middedorp ingebreek.

Blykbaar het die verdagtes deur die dak toegang tot die gebou gekry. Binnein die dak het hulle die alarmogies se draad geknip wat hulle gemeen het die alarm sou deaktiveer, maar hulle was nie suksesvol nie. ‘n Sein is in die kontrolekamer by die sekuriteitsdienste ontvang toe die drade geknip is en reaksie is dadelik uitgestuur daarheen. Die eienaar van die besigheid (‘n kliënt van FAR) is ook dadelik gekontak en ook die SAPS is ontbied.

Dit wil voorkom of die manne in die dak weggekruip het, maar is later, toe hulle probeer ontsnap het, vasgetrek. Nadat A/O Kobus Taljaard tekkies en ander goedere wat in die dak gevind is by die SAPS, Piet Retief, ingeboek het, het hy en studentekonstabel Nkosi steeds beurtelings met sekuritietsbeampte Estian le Roux patrollie verby die misdaadtoneel gery. Dit is ook daar, net langs die gebou waar hulle ingebreek het, in ‘n stegie waar twee van die drie verdagtes gearresteer is.

Die derde verdagte is nog soek. Die twee wat gearresteer is, het erken dat dit hulle was wat ingebreek het en ook verantwoordelikheid aanvaar vir ‘n inbraak by ‘n ander besigheid verlede week. Al die gesteelde goedere is teruggevind. Baie dankie A/O Kobus Taljaard en studentekonstabel Nkosi van die SAPS en Estian le Roux van First Armed Response (FAR) vir julle flink optrede en vasbyt om die belhamels vas te trek.

Van die goedere wat teruggevind is
Van die goedere wat teruggevind is
Estian le Roux (FAR) en A/O Kobus Taljaard
Estian le Roux (FAR) en A/O Kobus Taljaard