Piet Retief op kykNET se Ontbytsake

ontbytsake
http://www.ontbytsake.co.za/

Tydens hierdie naweek se uitsending van die gewilde kykNET TV-program, Ontbytsake, kom Piet Retief ook aan die beurt.

Die Ontbytsakespan kuier eerskomende Saterdagoggend onder andere in Piet Retief. Hulle gaan op die Reënboogroete fokus (meer spesifiek die area van Ermelo tot Pongola, of te wel, Josini). Eric Venter van Ontbytsake meen dit wil voorkom of die term “Reënboogroete” redelik in vergetelheid verval het en dat hulle hoop om die konsep so bietjie af te stof en weer onder die publieke aandag te bring. Hy reken verder dat die oorsprong van die benaming dalk moontlik iets met die 1984 sikloon, Domoina, te doen kon hê. Bronne na-geslaan verskil nogal hieroor. Dit wil voorkom of die sikloon, Domoina, vanaf Mosambiek en Swaziland via Piet Retief, Paulpie-tersburg en verder, oppad na die see gewoed het.

Die Reënboogroete daarenteen loop blykbaar via Carolina, deur Piet Retief na Pongola. Meer definitiewe inligting vanaf lesers in verband hiermee, sal verwelkom word. Ontbytsake is ‘n sake- en vermaaklikheidsprogram wat al vir elf jaar lank uitgesaai word. Anker-aanbieder is die welbekende ekonoom, Dawie Roodt. Hy word bygestaan deur Jan Harm Schutte, Eloise Cupido en Renette Vosloo (van Kokkedoor). Die aard van die program is informeel, dog saaklik, en derhalwe ideaal om besigheidsinligting suksesvol oor te dra tydens die Sakefokus-gedeelte van die program. Die program word uitgesaai vanaf 7:30 tot 9:00 op kykNet (kanaal 144) en vanaf 9:30 tot 11:00 op kykNet & Kie (kanaal 145) op Saterdagoggend, 23 April. Daar is sewe uitsendings in totaal deur die loop van die week, dus, baie herhalings indien Saterdag se uitsending nie gekyk kan word nie.