Ongeluksverslag

Ongeluksverslag – Weereens is nog ‘n langnaweek verby en ons dorp was soos altyd, besoek deur almal wat op vakansie gaan, of selfs na ons dorp toe kom vir ‘n vinnige wegbreek.

Die verkeer was Maandag, 2 Mei 2016, weereens iets wat iemand eerder sal wil vermy. In die hoofstraat, vanaf Pongola se rigting was daar net ‘n lang string motors oppad deur Piet Retief, in die rigting van Ermelo.

Geen ernstige motorongelukke is aangemeld in die afgelope twee weke nie, maar wel ongelukke met nagevolge. Saterdag, 23 April 2016, omstreeks 01:00 die oggend, op die Wakkerstroompad was daar ‘n minder ernstige ongeluk. ‘n Silwer kleurige motor het tot stilstand gekom in die lang gras nadat die drywer vermoed het dat die motor se band gebars het. Die verkeersbeamptes het vermoed dat die oorsaak spoed was.

Sondagoggend, 24 April 2016, was dit die groot vierbenige rondlopers, wat ‘n ongeluk veroorsaak het. Die rondloper beeste het vir amok gesorg op die Amsterdampad. ‘n Minibus “taxi” bestuurder het twee beeste getref. ‘n Tweede voertuig wat stadiger verby die toneel wou gaan is deur ‘n derde voertuig van agter getref. Slegs ligte beserings is opgedoen.

‘n Meer ernstige ongeluk het plaasgevind op Woensdag, 27 April 2016, vanaf Piet Retief, in die rigting van Pongola. Die bestuurder van ‘n Toyota Etios was vermoedelik in ‘n haas en wou die motor voor hom verbysteek. ‘n Motor het vermoedelik van voor aangekom en die bestuurder van die Etios wou dadelik terugval. Die bestuurder het blykbaar beheer oor die motor verloor en op sy dak beland. Een is ernstig en twee mense lig beseer.

Accident6 Accident5 Accident4 Accident3 Accident2 Accident