Ongeluksverslag

Ongeluksverslag - Die ouerige wit Toyota
Die ouerige wit Toyota

Ongeluksverslag – Na ‘n langnaweek wat pas verby is het ons ‘n verkorte week gehad en het die verkeer weer terug gekeer na normaal.

Alhoewel die ongelukke verminder het vir die week het daar wel ‘n paar plaasgevind.Woensdagoggend omstreeks 06:00 het daar ‘n ongeluk plaasgevind op die Ermelopad. Die bestuurder van ‘n ouerige model Toyota oppad na Piet Retief, het vermoedelik ‘n motor voor hom verbygesteek en toe met ‘n aankomende minibus “taxi” trompop gebots. Daar was twee persone beseer, een ernstig en een lig.

Die voertuig op sy dak nadat die bestuurder die draai vermoedelik nie gemaak het nie
Die voertuig op sy dak nadat die bestuurder die draai vermoedelik nie gemaak het nie

Donderdagaand, 5 Mei 2016, omstreeks 20:30 was daar weer ‘n ongeluk op die Pongolapad. Die bestuurder van ‘n swart Toyota het beheer oor die voertuig verloor, wat gevolglik gerol het en in die gras beland het. Volgens die bestuurder het die voertuig se band gebars wat toe veroorsaak het dat die bestuurder beheer verloor het. Na verdere ondersoek is gevind dat die band niks makeer het nie en dat die bestuurder dalk aan die slaap geraak het. Om die naweek af te sluit was daar nog ‘n ongeluk Sondagaand, 8 Mei 2016, omstreeks 20:30 op die Wakkerstroompad.

Die minibus “taxi” wat van voor getref is
Die minibus “taxi” wat van voor getref is

Daar is op hierdie stadium ongelukkig geen verdere inligting beskikbaar nie. Daar is wel berig dat vier persone ernstig en twee lig beseer is en dat een persoon oorlede is. Nogmaals baie dankie aan ons nooddienste wat altyd fluks en pligsgetrou hul werk doen. Laataand bestuur bly maar altyd moeilik en veroorsaak meer as dikwels probleme.

Een van die voertuie betrokke in die ongeluk
Een van die voertuie betrokke in die ongeluk

Op Saterdagaand, 7 Mei 2016, het die donker ‘n bestuurder omvergegooi. Die bestuurder het vanaf Paulpietersburg gereis oppad na Piet Retief. By die N2 afdraai oppad na Paulpietersburg, is daar ‘n lang draai. Die bestuurder van die voertuig beweer dat hy nie die draai gesien het nie en dit totaal en al gemis het. Dit het veroorsaak dat die voertuig in die gras beland het.

Die voertuig nadat dit gerol het en in die gras beland het.
Die voertuig nadat dit gerol het en in die gras beland het.