Ongeluk laat mens bietjie wonder

ongeluk
ongeluk

Blykbaar was ‘n “CV joint” wat gebreek het, verantwoordelik vir ‘n ongeluk wat op Saterdag, 16 April, plaasgevind het.

‘n Motor wat vanaf die Wakkerstroomkant van die dorp in Krugerstraat beweeg het, het goed teëspoed gekry toe die genoemde onderdeel breek. Die bestuurder het beheer oor die voertuig verloor en dit het gerol. Die ongeluk het in Krugerstraat, in die draai, net na die duikweg onderdeur die treinspoor, plaasgevind. Wonder bo wonder is slegs een persoon net lig beseer tydens die voorval. Na hierdie gebeure wonder mens dalk net so bietjie oor die padwaardigheid al dan nie, van die voertuig. Vir die wat gewonder het (al word dit blykbaar nooit deur motorwerktuigkundiges gebruik nie) die korrekte Afrikaans vir “CV joint” is homokinetiese koppeling …