Mpact rolbaldag en ander rolbalnuus

Excelsior News - www.excelsiornews.co.za - 39
Excelsior News - www.excelsiornews.co.za - 39

Mpact rolbaldag – Die Van Vredenbroers het derde geëindig in die Distrikte Pare Uitspeeltoernooi waaraan hulle verlede naweek, teen Midlands en Zululand, deelgeneem het.

Ongelukkig kon hulle nie al hulle wedstryde klaar speel nie, aangesien spel gestaak moes word as gevolg van reën. Hulle is daarom volgens hul punte in die derde posisie geplaas. Die Mpact-rolbaldag van Satedag, 7 Mei, het baie goed afgeloop en agt spanne het deelgeneem aan die toernooi.

Ongeag die triestige weer was daar spangees “by die dosyne” en die verskillende departemente het mekaar behoorlik opgekeil, maar “bestuur” het weggestap as die wenspan. Afgesien van die feit dat verskillende departemente teen mekaar deelgeneem het (bestuur, finansies, projekte, kontrakteurs en so meer) was daar ook ‘n algehele kameraderie tussen al die personeel van Mpact. Dit bewys net weereens dat ‘n dag soos Saterdag nie net die maatskappy bevoordeel nie, maar ook sy personeel.

‘n Gelukkige werker is mos immers ‘n goeie werker wat sy kant bring. Piet Reief Rolbalklub wil graag ander besighede aanmoedig om ook van so ‘n geleentheid gebruik te maak om hulle besighede te bevorder en spangees onder hulle personeel te kweek. Hulle kan ook spanne inskryf vir die Besigheidsliga wat op, Dinsdag, 24 Mei begin indien hulle Saterdae ander verpligtinge het. Kontak Andries Fouche (079 888 5337) indien meer inligting benodig word oor ‘n moontlike eie rolbaldag of oor aansluiting by die Besigheidsliga.

Rolbalgroete