LigWeg besoek Fontana

Die “band” LigWeg het die naweek van 22-24 April by Fontana Gemeente kom bedien.

Met hulle “rock” klanke en opregte woorde het hierdie sewe manne van Johannesburg twee aande verskillende groepe mense by Fontana in aanbiding gelei. Vrydagaand was LigWeg op die verhoog voor sowat 120 jongmense van One Life Jeug. Vir ‘n uur lank het ons saam aanbid en ons harte uitgestort voor ons groot God. Sondag het Lig-Weg tydens Fontana se oggenddiens bedien met oorspronklike, vars Afrikaanse liedjies vanaf hulle splinternuwe album, “Losprys”, hulle derde album. Dit was ‘n wonderlike oggend met ‘n groot opkoms, en die CD het na die byeenkoms vinnig verkoop. Dit was die derde jaar in ‘n ry dat LigWeg ons hier in Piet Retief kom bedien. Hopelik kan hulle volgende jaar weer hier ‘n draai kom maak met nog ‘n splinternuwe album.