HPR Sport teen Hoërskool Standerton

HPR Sport teen Hoërskool Standerton op 14 Mei 2016
HPR Sport teen Hoërskool Standerton op 14 Mei 2016

HPR Sport teen Hoërskool Standerton op 14 Mei 20161ste Rugby Die 1ste-span wedstryd het ‘n rukkie geduur voor daar punte op die telbord was.

‘n Goeie skrum en skitterende agterlynbeweging het gesorg vir Piet Retief se eerste drie in die hoekie deur Percy Mkwanazi.

Herman Schlebusch het ‘n vinnige tik by ‘n strafskop geneem en Bongumenzi Dlamini het na ‘n paar systappe ‘n baie goeie drie gaan druk. Die halftydtelling was 12-0 in Piet Retief se guns. Kort na halftyd het Standerton hulle eerste drie gedruk na baie swak verdediging. Piet Retief het kort daarna teruggeantwoord toe die skrumskakel, Sphe Mthetwa, oorduik vir sy eerste drie in die eerste span trui. Daarna het Piet Retief weer ‘n drie in die hoekie gedruk toe hulle staatmaker-heelagter, Simon Terblanche, die lyn oorsteek vir sy drie. Simon het ook met een suksesvolle doelskop geslaag en die eindtelling was 22-15 in Piet Retief se guns.

O/15A As jy kyk na die manier waarop Standerton opgewarm het, was hulle beslis onder die indruk dat hierdie ‘n maklike wen vir hulle sou wees. Ongelukkig vir hulle het ons hulle pret bederf! Die Pieties het ‘n klipharde wedstryd gespeel en met dodelike verdediging en vasberadenheid, ongeag drie spelers wat die veld moes verlaat met beserings, trek ons hom deur en wen 10-7. Punte: Rian druk die enigste drie en Stix slaag met die doelskop en ook ‘n belangrike strafskop toe die telling nog 7 elk was.

O/15B Die manne was onkeerbaar en speel Standerton van die veld af! Ons wen 48-0! Mooi so manne, dinge begin goed lyk en ons speel mooi rugby. Well done to Mfezeko who scored 4 tries! Punte: Drieë – Mfezeko (4), Ruan (2) en 1 elk deur Thinus en Heindrich. Skoppe – Ruan slaag met 4 doelskoppe. Rugby O/14 HPR vs Standerton Soos aan die begin van die seisoen gesê is, is hierdie onder 14’s ‘n bulspan om dop te hou. Die veld was vroeg oggend tydens húlle spel nog nat en met die glibberige bal is ons hantering moeilik gemaak. Die lang aangeë en verwoede agterlynlopies moes terugstaan en het ons meer van die voorspelers gebruik gemaak. Dit was dié taktiek wat vir ons die deurslag gegee het. Elke los bal is so hard en vinnig skoongemaak dat ons teenstanders nie meer so vrywillig die bal wou optel nie, en dit het ons ‘n paar strafskoppe gekos omdat ons kwansuis oor die bal gespeel het. Vyf van ons ses drieë is deur die stoomroller voories gedruk met magtige skrumwerk en dryfbewegings vanaf die lynstane. Die manne van Standerton het in die tweede helfte probeer om die spelplan te verander maar ons het gou weer gekonsolideer en ons eie patroon gespeel. Die kort lynstane het hulle absoluut niks gehelp nie en telkens het ons die bal afgeneem en nog ‘n stoomtrein aan die gang gesit. Pieties is gemotiveerde manne wat enige stryd kan aanvaar en dit omskep in geleenthede of punte. The final score was 38-0 and the team therefore unbeaten. The U/14’s play a fast action, exciting game. No wonder their group of supporters and followers are getting bigger by the day.

Netbal U/15A After a successful PUK 16 league, the U/15A netball team of Piet Retief High School had a great start of the big league by winning a tough match against Standerton. Practice really does make perfect, and although we aren’t very fond of it, all those hours of hard work and sweat, pay off. We owe a big thank you to our coaches, Mrs. S. Erasmus and Mrs. Carr for all the time they spend training us so we can perform to the best of our abilities. Over time, we’ve gone from just being Aneska, Thuli, Sphe, Lethu, Andile, Eldah, Nobu, Nandipha and Aphiwe, to being a united team that believes in one another, motivates one another, and most of all, laughs at one another when necessary. Saturday’s victory was only the beginning of what we hope and pray will be a victorious league.

U/15B

The U/15B netball team recorded their first win of the season this weekend against Standerton. In a hard fought match where Piet Retief trailed by 5 points at half time, the girls fought back in the second half. They only allowed their opponents to score one goal in the second half and the final score was 8-6. Player of the match – Owethu Phonela.

O/16

Na ‘n week van siekte en beserings het die O/16A-span ‘n skitterende wedstryd gespeel. HPR wen met 18 doele teen 13. Chantelle Weber is aangewys as speler van die wedstryd. Die O/16B-span wen ook oortuigend met ‘n telling van 11-6. Zethu Msibi ontpop as beste speler. Baie sterkte aan beide spanne met die komende Gert Sibande Kampioenskappe.

O/14

Ongelukkig het die O/14A- en B-spanne die afgelope naweek verloor teen Standerton. Tellings was as volg: O/14A – 6-12 – Speler van die wedstryd – Awande.

O/14B

4-14 – Speler van die wedstryd – Sthuliswa 1ste Netbal Die 1ste netbalspan het ‘n welverdiende oorwinning oor Hoërskool Standerton behaal. Die akkurate doelpogings van beide doele het ons vroeg in die wedstryd die voortou laat neem. Akkurate voerwerk deur die senter en aanvallende vleuel het Standerton se verdedigers behoor-lik laat kopkrap. Ten spyte van ‘n dapper terugvegpoging van Standerton in die derde kwart, het Piet Retief se eerste span goed kop gehou en hul voorsprong gerek. Hokkie 1ste Hokkie Home ground advantage. Alhoewel die telling halftyd 1-0 in Standerton se guns was, het die meisies nie ophou probeer nie. Weereens word daar baie doele gekeer en sodoende word ons uitstekende doelwagter, Alisha, aangewys as speler van die wedstryd. Die meisies het die geleentheid gesien om ‘n doel aan te teken en dit ook gedoen, maar kort daarna volg toe nog ‘n doel deur Standerton.

Die meisies het dus ongelukkig 2-1 verloor, maar het vir seker hulle harte uitgespeel. 2de Span Dit was nie noodwendig lekker om ‘n wedstryd te eindig met geen telling nie, maar dit is ook ‘n bewys van hoe taai die wedstryd was en dat ons nie handdoek ingegooi het nie. As Standerton gedink het hulle gaan oor ons loop, is hulle beslis verkeerd bewys. Die meisies het seker hulle beste wedstryd van die jaar gespeel. Die spelers van die wedstryd was sonder twyfel die doelwagter Thobile Vilakazi (Baby) en Phiwo Nyawo (Pie). 1ste Span – Seuns Die eerste helfte het begin met die Pieties wat boer in Standerton se sirkel, maar net nie daarin kon slaag om ‘n doel te skiet nie. Die voorspelers het egter soos wafferse kampioene gespeel, en kort voor halftyd teken Wellington Shabalala die eerste doel van die westryd aan.

Die tweede helfte het begin, met Standerton wat afslaan. Sommer vinnig-vinnig was die bal weer op Piet Retief se stokke met die oog op nog ‘n doel. Hierdie lus vir punte is vinnig beantwoord deur ons kaptein, Joshua Terblanche, wat ‘n monster van ‘n doel aangeteken het. Armand Smit, Piet Retief se doelwagter, het Standerton van die kans om ‘n doel te skiet ontneem met uitmuntende spel. Die agterspelers het gespeel dat dit bars en Standerton het nie weer ons sirkel gesien nie. Kort daarna het Wellington weereens ‘n doel geskiet, en Piet Retief was uitgelate. Moeg, maar seëvierend het die Pieties van die veld afgestap. Juffrou Du Plessis is ‘n trotse afrigter. Voorspeler van die wedstryd was Fakazi Dlamini en agterspeler, Jaco Ehmké – geluk julle twee! Ons is ook baie trots om te kan sê dat een van ons spelers, Etienne Bruwer onlangs gekies is vir die Mpumalanga Seunshokkiespan. JJ Green is gekies vir die Bokkiespan en ons is breëbors-trots op die twee spelers!

Netball Netbal 3 Netbal 1 School Hockey School Rugby 2 School Rugby Hockey 03