HPR sport – PUK 16

HPR sport - PUK 16
HPR sport - PUK 16

Die 1ste-span het die naweek hulle PUK 16 op ‘n hoë noot afgesluit deur oortuigend met Hoërskool Bekker af te reken.

Die eerste drie is na slegs 20 sekondes in die wedstryd gedruk deur Tsakane Motlholoe. Piet Retief het deurgaans goed verdedig in die middelveld, maar soms laat slap lê op die punte en so onnodige drieë afgestaan. Drieë is gedruk deur: Percy Mkwanazi, Bongumenzi Dlamini, James Fourie, Louis Murray en Tsakane Motlholoe. Steve Scheepers slaag ook met 4 doelskoppe en een strafskop. Speler van die wedstryd was Louis Murray wat uitgeblink het op senter en ook ‘n skitterende drie van gebroke spel af gedruk het. Xolani Mavundla het onder die voorspelers sy stem dik gemaak en baie balle gesteel by die afbreekpunte. Daar gaan nou hard gewerk word vir die Mpumalanga-reeks wat op 29 April afskop met ‘n wegwedstryd teen Ligbron.

Hiermee wil die span ook eerbied bring aan oom Pine Pienaar wat altyd die span bygestaan het en gehelp het om baie spanne van HPR bekers te laat wen. Hy laat ‘n groot leemte in ons harte en ook op die rugbyveld. Sterkte aan die Pienaars wat deur ‘n moeilike tyd gaan. O/16 Rugby We have ended the PUK 16 on a high. We won the plate final against Vryburg 29-12. Drieë is gedruk deur Coenraad Stapelberg, Alex Smit, Geeno Nutt, Mgihla Phakati en Stabiso Zwane. The player of the match was Sphe Mthethwa. Ons sien uit na die Beeldtrofee kompetisie. Die span het deur ‘n leerkurwe die afgelope seisoen gewerk a.g.v ‘n paar taktiese skuiwe en beserings. Ons as afrigters sien uit na die seisoen wat voorlê. Mnre J. Malan en P. de Waal 0/15A Rugby Die 0/15A het een van hulle beste wedstryde nog gespeel en klop Wollies in ‘n harde maar aanskoulike wedstryd met 19 – 12, in die uitspeel vir 5de en 6de plek. Punte: Drieë – een elk deur Stefan, Jeandre en Armand. Skoppe: Armand slaag met 2 doelskoppe. Chester Dladla (nr 15) was indicated as the man of the match. Well done!

Ons sluit die PUK 16 reeks goed af met net die een verloor teen Pionier. Oor ‘n week begin die Liga en ons eerste wedstryd is Vrydag 29 April by Ligbron waar beide die A- en B- span sal speel. Hierdie spesiale span wys Saterdag weereens dat harde werk beloon word!! Met ‘n oorwinning van 2-0 oor Wolmaransstad wen hul die PUK 16 reeks vir 2016. It was a wonderful experience for the girls to play on Astro turf for the first time. The speed of the game was something they had to get used to. Each girl gave her utmost best and soon in the first halve they were comfortable on the quick surface. With a wonderful team effort they managed to lead by 1-0 at halve time. Die tweede helfte lewer uitstekende hokkie op en slaag die Pieties om nog ‘n doel aan te teken vir hul welverdiende oorwinning. Welgedaan meisies, voorwaar ‘n besonderse prestasie. Baie dankie aan elke meisie wat ten alle tye haar bes vir die span gegee het. Dit was ‘n voorreg om met so groep jong dogters te werk en hul toewyding en spangees is noemenswaardig. ‘n Suksesvolle span is onmoontlik sonder ouerondersteuning.

Dankie dan ook aan al die ouers. Dit was hartroerend om te sien hoe baie van die ouers saam gegaan het Potchefstroom toe om te deel in hierdie finaal. Jul ondersteuning deur die PUK 16 reeks word opreg waardeer. Now the league starts and we are looking forward to some good hockey. Hokkie 0/15 Na afloop van ‘n baie suksesvolle hokkietoer gedurende die April vakansie, het die 0/15 span hulle eerste wedstryd tuis 4-0 gewen. Die wedstryd was die semi-finaal vir die PUK 16 Kampioenskappe en hulle het met Stoffberg afgereken. Doele is aangeteken deur Mieke van der Walt, Chaney Olivier, Karla Pretorius en Chanté Erasmus.

Die afgelope naweek het die HPR meisies met Schoonspruit van Klersdorp afgereken met ‘n allemintige telling van 9-0. Hulle eindig dan vyfde (plaat) en wen die plek waarvoor hulle uitgespeel het. Doele is aangeteken deur Mieke van der Walt, Chaney Olivier, Chante Erasmus en Karla Pretorius. Mieke van der Walt is ook aangewys as belowendste voorspeler vir die hokkietoer na Amajuba, Volksrust, gedurende die vakansie. Die span wil ook graag hul borge bedank wat altyd gereed staan met finansiële hulp en bystand: Hendrik en Marilise Steenekamp, Fanie en Maria Momberg en elke ouer vir emosionele bystand. Mev Mia. de Waal Hokkie 1stes (meisies) Saterdag, 16 April het ons die PUK 16 afgesluit.

Hokkie O/16
Hokkie O/16
Rugby O/14 B
Rugby O/14 B

Ons laaste wedstryd vir hierdie reeks was teen Fochville. Die 1ste span het gewys dat hulle reg is vir ‘n groot geveg en het Fochville se verdediging op baie maniere getoets. Ongelukkig kon Fochville dit reg kry om aan die einde van die eerste helfte ‘n doel aan te teken. Die tweede helfte was ‘n eentonige stryd waar Piet Retief die hele tweede helfte op die aanval was. Die bal wou net nie in die doelhok in gaan nie en Piet Retief verloor 1-0. Sterkte vir die Mpumalanga-reeks. Mev E. Schlebusch Hokkie 2de Span Na ’n moeilike begin het die 2de span mekaar leer ken op en van die veld af en die gevolg was twee wenne in ’n ry. Tydens die semi-finaal het ons, ons eerste oorwinning gehad teen Oosterland met ’n telling van 3-0. Die doele is geskiet deur Alicia van Deventer, Phiwo Nyawo en Simone Odendal. Dit was vir Hokkie O/16 Rugby O/14 A Rugby O/14 B Simone ekstra spesiaal aangesien dit haar eerste doel ooit was. Met ’n paar beserings is ons Potch toe vir die finaal met net 12 spelers. Maar die meisies het hulle goed van hulle taak gekwyt deur nog ’n oorwinning teenoor Bekker te behaal. Ons wen met ’n telling van 2-1. Die doele is geskiet deur Alicia van Deventer en Phiwo Nyawo. Simone en Phiwo het in hierdie wedstryd veral baie goed gespeel. Baie geluk meisies en dankie aan al ons ondersteuners. Mev C. Wartington Netbal 0/14 Nadat ons in die PUK 16 Semi-finaal teen Pretoria-Noord verloor het, het ons die afgelope naweek by die PUK 16 Finaal vir 3de en 4de plek in Potchefstroom gaan uitspeel.

Die 0/14 netbalmeisies het alles wat hul geleer het die afgelope seisoen bymekaar gebring en stap met ‘n welverdiende wen teen Vryburg weg. Die telling was 22- 13. Wernandi Swanepoel word deur die PUK skeidsregters gekies as speler van die wedstryd. Baie geluk aan elke speler vir elkeen se bydra tot die sukses van die PUK 16 reeks. Juffrou is super trots! Mev L. van Rooyen 1ste Span Die 1ste netbalspan was in ‘n taai stryd gewikkel met Vryburg. Die eerste kwart was gelykop terwyl Vryburg in die tweede kwart ‘n reuse voorsprong opgebou het. Piet Retief het egter hul staal gewys en die derde en vierde kwarte in hul guns beklink. Ons eindig 8ste in die PUK 16 reeks. Mev G. Louw en Mev L. Viviers