Gr 11 Toerisme Toer 2016

Gr 11 Toerisme Toer 2016
Gr 11 Toerisme Toer 2016
Die jaarlikse Gr 11 Toerisme Toer het hierdie jaar weer gesorg vir lekker vermaak en opvoedkundige waarde.

Die toer het plaasgevind na Pretoria op 26-27 April. Ons het die aand gaan Tenpin Bowling speel en gaan fliek. Ons het oornag in Thatch Haven Gastehuis waar gesorg is vir ‘n heerlike ontbyt voordat ons na Emperors Palace toe gegaan het om met ‘n pendeldiens na OR Tambo Lughawe te gaan vir ons amptelike begeleide toer oor die hele lughawe. Daar het ons geleer hoe dinge by die lughawe werk en wat gedoen word wanneer jy op die vliegtuig moet klim of afklim, internasionaal of nasionaal vlieg en watter doeanevereistes daar is.

Dit was definitief ‘n leersame ervaring en wie weet…. net miskien is ons as klas, een jaar die passasiers!