Comrades – Oor ‘n tikkende tydbom en ‘n kwylende draak

Comrades - Oor ‘n tikkende tydbom en ‘n kwylende draak
Comrades - Oor ‘n tikkende tydbom en ‘n kwylende draak

Met sowel 6 as 29 Mei ingereken, is daar nog net 24 dae oor voordat die 2016 Comrades verby is. Soos altyd, moet die tyd steeds uitgekoop word.

Om so gereed as moontlik vir nog ‘n geveg met die Comrades-draak te kan wees, moet die laaste klompie oefenkilo’s met omsigtigheid benader word terwyl elke voornemende stryder moet seker maak dat hy/sy die oggend van 29 Mei beseringsvry, gesond, uitgerus en goed gevoed (net so duskant “dikgevreet”) is. Tydens die afgelope langnaweek, het Tes Lundie die Ballito Challenge oor 42,2 km in 3 :51 afgedraf en dit sodoende duidelik gemaak dat sy slaggereed is. ‘n Hele halfdosyn ander Assegaaiers, het ook oor 42,2 km te Centurion, soos volg aan die onvergelyklike oom Wally Hayward hulde gebring: Johan Greeff (3:28), Marné Prinsloo (3:38 – sjoe!), Francois Ludick (3:49), Japie de la Rosa (3:56) en Kobus Stapelberg en Chris Stander (4:47).

Terwyl Johan en Marné verseker oorgehaal is vir hulle eerste draakgeveg en Kobus en Chris maar net te dankbaar moet wees dat mens deesdae 12 ure kry om die Comrades te voltooi, bly Francois en Japie elk in eie reg, ‘n raaisel. Vasbyt, min dae, laat waai Assegaai!

Padhardloopnuus - Japie, Kobus en Chris Padhardloopnuus - Johan Greeff Padhardloopnuus - Tes Lundie