Charonike word vereer met ‘n veer

Excelsior News - Letter to Editor
Excelsior News - Letter to Editor

Charonike word vereer met ‘n veer. HPR kan vandag weer met reg trots wees op een van die oudhoofdogters van ons skool.

Charonike Nel is Vrydagaand 13 Mei, 2016 vereer met ‘n mediaveertjie vir beste aanbieder by ‘n kampusradiostasie. Ons haal graag die woorde van wyle Nelson Man- BRIEF AAN DIE REDAKTEUR dela aan wat hy ter ere van Ingrid Jonker geskryf het, en wat ons nou graag aan Charonike wil opdra. “Die tyd sal aanbreek wanneer ons volk die nagedagtenis sal eer van die seuns, die dogters, die moeders, die vaders, die jeug en die kinders, wat deur hul denke en dade aan ons die reg gegee het om met trots te verklaar dat ons Suid-Afrikaner, ‘n Afrikaan en ‘n wêreldburger geword het”.

Charonike is ‘n ware kampvegter vir Afrikaans, ‘n Boeremeisie in murg en been en sy verteenwoordig die jeug. Op hoërskool het sy haar hand gewaag aan die volgende gedig en hierdie kom uit die pen van onse Charonike: “Jou kaalvoetpad is met dorings besaai Suutjies trap jy om dit, vou jou hande, kyk na bo, Kinderlik speel jy kaalvoet In fantasieë van hoop en droom en glo.” Jou fantasieë van hoop, droom en glo in jouself het waar geword, Charonike! Vandag salueer ons jou!

En ons haal graag die volgende aan uit jou afskeidsboodskap: “Ek stap in 2008 weg terwyl ek ‘n deel van my in die gange van Hoërskool Piet Retief agterlaat. Hier is ek gevorm en gebeitel. Vanaand sê ek dankie, vanaand sê ek vaarwel.” HPR-Onnie