Buitengewoon groot vrag beweeg deur Piet Retief

Buitengewoon groot vrag beweeg deur Piet Retief
Buitengewoon groot vrag beweeg deur Piet Retief
Hoe maak mens wanneer ‘n enorme kreosoottenk vanaf punt A na punt B vervoer moet word en dít deur grensposte waar die deurgang eenvoudig nie breed genoeg is nie?

Toe Igna Rautenbach van TWK Midas, Piet Retief, hierdie geleent-heid sien het hy dit aangegryp. Hy het as skakel opgetree met die verkoop en koop van ‘n baie, baie groot tenk wat gebruik word om kreosoot (vir die vervaardiging van teerpale) in te stoor.

Dit was egter nie so ‘n eenvoudige taak nie … Die tenk is eenvoudig te massief groot. Eerstens moes die tenk, van sowat 10 mm dik staal, in drie dele “opgesny” word. Dit is met ‘n gasvlam gedoen. Daarna is die drie dele op twee vragmotors gelaai en per pad vanaf Montigny (Usutu Pulp), deur die Nerston grenspos na VUKA te Commondale vervoer. Aangesien die vrag ‘n volle ses meter breed is, was die deurgang by die grenspos te nou. Beide die Swaziland se en Suid- Afrikaanse regerings se toestemming moes verkry word en die paaltjies aan weerskante van die deurgang moes korter gesaag word.

Dié word weer, ná die vervoer van die enorme tenk aanmekaar gesweis en geverf, sodat alles weer kan wees soos dit voorheen was. Hierdie drie segmente van die kreosoottenk (op twee vragmotors) is op Dinsdag, 26 April, deur Piet Retief en alhoewel die sowat 25 ton nie noodwendig besonder swaar is nie, is die vrag besonder groot. Party mense sien blykbaar eenvoudig kans vir meer as ander …

Buitengewoon groot vrag beweeg deur Piet Retief
Die vrag maak dit net-net deur grenspos
Buitengewoon groot vrag beweeg deur Piet Retief
Igna Rautenbach by die enorme tenk voordat die opsnyproses begin het – dit illustreer die grootte van die tenk
Buitengewoon groot vrag beweeg deur Piet Retief
Die tenk langs sy “maat” voor die verskuiwingsproses begin het