AGS Piet Retief span saam met ”Word Riders”

AGS Piet Retief span saam met ”Word Riders”
AGS Piet Retief span saam met ”Word Riders”

AGS Piet Retief span saam met ”Word Riders” – Pastoor Riaan, en Maryke de Bruyn het op 17 April 2016 saam “Word Riders” gespan en op ‘n onvergeetlike uitstappie na niemands-land gegaan.

Die doel van die uitstappie was om Bybels uit te deel aan minderbevoorregte skole wat in die landelike gebiede geleë is. Die span sou vier dorpe en sowat 70 skole besoek, waar hul sowat 4 600 Bybels wou uitdeel. Die projek was gemik op graad 7-leerlinge voor die groot stap hoërskool toe geneem word. Op Sondag, 17 April 2016, het 72 motorfietsryers, met 47 motorfietse bymekaargekom om die lang pad aan te durf vanaf Piet Retief na Richardsbaai. Toe hul uiteindelik in Richardsbaai aangekom het, het hulle afgepak en die aand daar deurgebring. Maandag, 18 April 2016, vroeg die oggend het die span vertrek op hul missie vir die dag. Die span het in kleiner groepe opgedeel en elke groep sou dan sowat sewe skole hanteer.

Deur die loop van die dag het elke groep van een skool na die ander gegaan waar hul die Woord gedeel het en Bybels uitgedeel het. Die span het sowat ‘n dag en ‘n half spandeer in ‘n dorp by die skole, waarna hul dan vertrek het na ‘n nuwe dorp. Die motorfietsryers het vanaf Richardsbaai vetrek na Margate waar hul gerus het en toe weer die dag aangepak het. Die span het weereens uitgereik na nog skole en nog vele meer leerlinge aangeraak. Vanaf Margate het hulle vertrek na Bergville wat ook die laaste besoekpunt van die toer sou wees voor die terugkeer huis toe. Die toer het geduur vanaf 18 April tot en met 22 April en baie liefde is gesaai . Van die 4 600 Bybels wat “gesaai” is op die toer, was 577 geborg deur van die besighede hier in Piet Retief. Fontana is ook tans besig met n Bountprojek waarmee hul voortdurend Bybels “saai”.

Een van die spanlede besig by ‘n groep leerders
Een van die spanlede besig by ‘n groep leerders
Die span nadat hulle pas aangekom het by ‘n skool
Die span nadat hulle pas aangekom het by ‘n skool
Pastoor Riaan en Maryke de Bruyn
Pastoor Riaan en Maryke de Bruyn