Wittenberg swemmers presteer

Wittenberg swemmers presteer
Wittenberg swemmers presteer

Op Vrydag, 26 Februarie 2016, het Wittenberg se interhuis swemfees, geborg deur TWK, plaasgevind.

Na ‘n uiters suksesvolle dag is ‘n span saamgestel, wat op 11 Maart, in Vryheid teen die ander twee Duitse skole sou deelneem. As gevolg van die heerlike reën in daardie week is die byeenkoms uitgestel   tot die 14de Maart. Daardie dag was dit steeds baie koud en menige swemmers het die water al bibberend aangedurf. Uit die staanspoor was dit egter duidelik, dat die swemmers steeds hulle beste sou probeer. Na 24 goue, 21 silwer en 22 brons medaljes en 3 uit 6 aflosse in die sakkie, was dit ‘n baie tevrede span wat teruggekeer het huis toe.

Die kersie op die koek was natuurlik die twee bekers wat  gewen is deur Uwe Meyer (mini victor ludorum) en Dietmar Paul (senior victor ludorum) wat sy beker gedeel het met Rudi Dedekind van Michaelis skool in Vryheid. Ons wil graag dankie sê aan TWK, wat ook daardie dag se medaljes geborg het. Nog ‘n dankie gaan aan elke swemafrigter in Piet Retief en omgewing. Sonder julle sou ons swemmers nie so suksesvol gewees het nie.

www.luneburgschule.co.za
Inge Engelbrecht en Uwe Meyer (mini victor ludorum)