Persone oorlede in onlangse ongelukke

Vier persone oorlede in onlangse ongelukke
Vier persone oorlede in onlangse ongelukke

Vier persone oorlede in onlangse ongelukke – ‘n Feitlik ongelukvrye Paasnaweek is voorafgegaan deur ses motorongelukke, maar gelukkig was dit nie ‘n inleiding vir wat sou volg nie.

Vrydag, die 18de Maart, het gesorg vir die eerste noodlottige geval van die skoolvakansie, toe ‘n voetganger raakgery en noodlottig beseer is. Die bestuurder van ‘n bakkie wat vanaf Ermelo in die rigting van Piet Retief beweeg het, het in die Wildrandomgewing ‘n voetganger noodlottig beseer. Die bestuurder het probeer uitswaai om sodoende nie die voetganger raak te ry nie, maar het ongelukkig steeds die voetganger met die kant van die voertuig getref.

Piet Retief Accidents

Daar het twee ongelukke plaasgevind op Sondag, 20 Maart – beide op die N2 (Pongolapad). Om ongeveer 06:40, naby Sulphur Springs, was die verontagsaming van ‘n sperstreep – ‘n dubbelsperstreep in hierdie geval – blykbaar weer eens die oorsaak van ‘n ernstige ongeluk. Die bestuurder van ‘n voertuig het in die rigting van Piet Retief beweeg vanaf Pongola en vermoedlik ‘n ander voertuig verbygesteek waar dit beslis nie veilig was om dit te doen nie. Die bestuurder van ‘n tweede voertuig wat van voor, vanaf Piet Retief, beweeg het, het ‘n botsing probeer vermy, beheer verloor en die voertuig het gerol. Twee persone is lig, drie ernstig en een noodlottig beseer tydens die voorval. Die oortreder het blykbaar eenvoudig voortgery …

Piet Retief Accidents Piet Retief Accidents1

Nie minder nie as drie ongelukke het plaasgevind op Woensdag, 23 Maart, tussen 19:00 en middernag. Twee van die ongelukke het op die N2, Ermelopad, en een op die N2, Pongolapad, plaasgevind. Net na 19:00 was twee voertuie in ‘n botsing betrokke by die Verzamelingafdraai. Dit is tans nie heeltemal duidelik wat gebeur het nie, maar dit wil voorkom asof ‘n botsing plaasgevind het nadat een van die voertuie in of uit die N2 wou draai. Die botsing wat gevolg het, het ook die stopteken in die slag laat bly. Niemand is ernstig beseer nie.

Piet Retief Accidents2

Net na 22:00 het die derde ongeluk van 23 Maart plaasgevind, op presies dieselfde plek as die eerste een van die aand net na 19:00. Dit lyk asof die bestuurder van ‘n bakkie wou afdraai na Verzameling, maar dat die bakkie toe van agter getref is. ‘n Derde voertuig was blykbaar op die een of ander manier betrokke. Nooddiensersoneel het hulle hande letterlik vol gehad met hulle aankoms op die toneel. Die eerste bakkie het ‘n vrag bye vervoer …

Skaars 40 minute later, op dieselfde pad, het ‘n voertuig die pad verlaat nadat ‘n band blykbaar gebars het. Dit wil voorkom asof die wiel eindelik heeltemal uitgeval het. Gelukkig is niemand tydens die voorval beseer nie.

Piet Retief Accidents7

In die tweede ongeluk, net na 20:00 op die Pongolapad, is beide bestuurders van twee voertuie wat in ‘n trompopbotsing betrokke was, oorlede. Dit wil voorkom asof een voertuig by ‘n ander wou verbysteek en dat dit gelei het tot die botsing. Meer besonderhede is tans nog nie beskikbaar nie. Die bestuurder van een voertuig is op die toneel in ‘n ambulans oorlede en die ander een is bietjie later in die hospitaal oorlede.