Ms RSA deelnemer in halfeindronde

Plus Ms RSA deelnemer van Piet Retief in halfeindronde
Plus Ms RSA deelnemer van Piet Retief in halfeindronde
Nadine Kruger het aanvanklik as ‘n grap ingeskryf vir die Plus Ms RSA skoonheidskompetisie, maar toe word sy op grond van “kantoorfoto’s” wat sy ingestuur het, as ‘n halfeind- rondedeelnemer (semifinalis) gekies.

Dit wil voorkom asof byna enigeen vir dié kompetisie mag inskryf, solank jy ouer as 18 is – vanjaar se oudste deelemer is ‘n rype maar pragtige, 56. Groot pryse is op die spel, waaronder ‘n vakansie vir twee na Mauritius, R40 000-00 kontant en koopbewyse vir byvoorbeeld klere en bykomstighede.

Een meer onlangse foto van Nadine, geneem deur Leandi Kleinsmith
Een meer onlangse foto van Nadine, geneem deur Leandi Kleinsmith

Organiseerder Zee Dyson van GIA Modelling, ‘n facebook-kontak van Nadine, het haar aanvanklik gekontak oor die kompetisie en haar twee “kantoorfoto’s” het toe gesorg dat sy wel ingeskryf is. ‘n Paneel beoordelaars het die aanvanklike keuring gedoen en so is die 25 dames, waaronder Nadine, gekies. Die tweede ronde word deur middel van ‘n sms-stemming beslis. Indien Piet Retiewers vir Nadine wil help om die finale ronde te haal kan hulle “Posh Plus 52” per smsboodskap stuur na 47439, voor 12:00 op 13 Mei. Elke sms-boodskap kos R3. Die finale ronde vind plaas in die Atterbury-teater in Pretoria, op 13 Mei. Intussen het Steel Dale Modelling Nadine genader vir brosjurewerk.

Daar is baie kampvegters vir die “Big is Beautiful” veldtog en sommige sê, “You are naturally beautiful when you are yourself” en dit blyk beslis waar te wees van Nadine. Baie geluk sover en sterkte met die volgende ronde, Nadine, asook met al jou toekomsplannne.