Imagine jeugfees verander lewens

Imagine jeugfees verander lewens
Imagine jeugfees verander lewens

Imagine jeugfees verander lewens – Duisende tieners het die afgelope naweek landswyd saamgetrek vir die derde reeks van die gewilde #imaginejeugfeeste.

Die #imaginejeugfeeste, wat vir die eerste keer in 2014 gehou is, het vanjaar van 1 tot 3 April by Bredasdorp in die Wes-Kaap, Jeffreysbaai in die Oos-Kaap en Heidelberg in Gauteng plaasgevind. ‘n Groep van 100 mense (88 tieners en 12 volwassenes) uit Piet Retief se One Life Jeugbediening het deel uitgemaak van die meer as 3 200 tieners en jeugleiers, uit sewe provinsies, wat die Gautengfees naby Heidelberg bygewoon het. Volgens die e- Kerkbode, is die #-teken (die sogenaamde hutsmerkie of “hashtag”) hierdie jaar op drie verskillende maniere ingespan om die boodskap aan die tieners te bring.

Hande is gevat om in eenheid te bid oor geweld op kampusse en in Suid-Afrika
Hande is gevat om in eenheid te bid oor geweld op kampusse en in Suid-Afrika

Om die teken met die vingers te vorm word die wysen middelvinger van een hand oor die ander hand se selfde twee vingers gehou. Eerstens is die feesgangers geleer om die teken soos ‘n lens te gebruik waardeur ‘n mens kan kyk. ‘n Mens vorm die # met jou vingers (soos hierbo verduidelik) en kan letterlik daardeur loer. Die boodskap is dat gelowiges op ‘n nuwe manier, soos Christus, na mense moet kyk. In die tweede plek word die #-teken ‘n beeld van ‘n brug waarmee ‘n mens klowe oorsteek. Hiervoor is die een persoon se vingers oor ‘n vreemde persoon se vingers gehou om die brug te simboliseer.

Imagine jeugfees verander lewens

Tieners word hierdeur aangemoedig om oor die spreekwoordelike -jeugfees verander lewens klowe tussen hulle en ander mense na hulle medemens uit te reik. Laastens is die kruis self in die #-teken gebruik om vir die tieners te leer dat hulle elkeen die kruis moet opneem om ‘n verskil in hulle gemeenskappe te maak. Tydens die Gautengkamp het ‘n spreker gepraat oor geweld op kampusse en in Suid-Afrika. Vir eenheid is hande geneem en gebid daaroor. ‘n Besondere oomblik … Vir die jongmense wat die fees uit Piet Retief bygewoon het was dit nie net ‘n ongelooflike lekker naweek nie, maar ook een wat hulle lewens vir altyd verander het. Die One Life Jeuggroep bedank graag die skoolhoofde, besighede, ouergemeenskap en ‘n ieder en ‘n elk wat bygedra het om dié besondere naweek

Imagine 2 Imagine 5