Dubbeldoordiens op ‘n drafstap

Padhardloopnuus–dubbeldoordiens op ‘n drafstap
Padhardloopnuus–dubbeldoordiens op ‘n drafstap

Padhardloopnuus–dubbeldoordiens op ‘n drafstap.

Dit was ‘n stil, eers taamlik koel en later taamlik warm herfsdag op die Hoëveld, toe die Gert Sibande 3-in- 1 op 2 April plaasgevind het. Terwyl ‘n handvol Assegaaiers self gehardloop het, het ‘n interessante span, bestaande uit klublede en ander opgekommandeerde lojales, sowel ‘n verversingspunt as die halfmarathon se omdraaipunt behartig.

Met Chris Stander as bystander het Magriet Stander bontgestaan om te sorg dat elke halfmarathonner op presies die regte plek omgedraai het en dat elkeen van hulle ‘n rekkie ontvang het om by die eindpunt te kon bewys dat hy/ sy inderdaad op presies die regte plek omgedraai het. By die verversingspunt (9 km vanaf die beginpunt) het dit self ook nogal dol gegaan. Die opkoms was goed en deelnemers aan sowel die marathon as die halfmarathon moes bedien word.

Op ‘n stadium moes daar rekening gehou word met tweerigting verkeer aangesien talle marathoners en halfmarathonners nog oppad uit was terwyl heelwat halfmarathonners al oppad terug was. Om alles te kroon moes ‘n tydelike tekort aan drinkwater en glasies ook bestuur word. Gelukkig weet ons Piet Retiewers mos hoe om ‘n verversingspunt te maak werk, laglag en op ‘n drafstap. Laat waai Assegaai!

Stander en bystander by die omdraaipunt
Stander en bystander by die omdraaipunt
Nog ‘n hardlopende egpaar, Charl en Marne Prinsloo. Marne was die eerste Gert Simbande dame om die marathon te voltooi
Nog ‘n hardlopende egpaar, Charl en Marne Prinsloo. Marne was die eerste Gert Simbande dame om die marathon te voltooi