Drie-spesies hengelkompetisie

Drie-spesies hengelkompetisie
Drie-spesieshengelkompetisie

Gedurende die naweek van 18 tot 21 Maart, het die plaaslike bootklub hulle drie-spesies hengelkompetisie aangebied.

‘n Totaal van 79 hengelaars het deelgeneem, sommiges vanaf omliggende dorpe, maar ook vanaf Belfast, Nelspruit en Johannesburg. Dit was ‘n heerlike naweek met lekker sonskynweer. Alhoewel die karpe en swartbaars maar moeilik “uitgekom” het, word die babers skynbaar elke jaar groter. Baie geluk aan al die wenners en ook aan elke persoon wat visse inweeg het. Die uitslae van die kompetisie in die karp-, swartbaar- en baberafdelings was soos volg: Karp: 1ste plek – Francois Lombard (3.450kg), 2de plek – Margie Smith (3.410kg), 3de plek – Ruan Ehlers (3.010kg). Swartbaar: 1ste plek – Joshua Devenish (1.910kg), 2de plek – Craig Day (1.870kg), 3de plek – Attya Khan (1.650kg). Baber: 1ste plek – Craig Day (14.150kg), 2de plek – Willie Frylinck (11.240kg), 3de plek – Joshua Devenish (10.980kg).

Hengelaars wat visse ingeweeg het was (totale tussen hakies is vir al drie spesies wat deur hengelaars ingeweeg is – soms net een of twee spesies):

  • Craig Day (18.750kg),
  • Joshua Devenish (15.620kg),
  • Nicolet Pieterse (12.30kg),
  • Willie Frylinck (11.240kg),
  • Francois Lombard (10.890kg),
  • Ruan Ehlers (7.070kg),
  • Robbie Ohlson (6.770kg),
  • PG Smith – jnr (6.540kg),
  • Wasim Kotwal (5.440kg),
  • Coen Vermaak (5.090kg),
  • S Smith – jnr (4.680kg),
  • Margie Smith (3.410kg),
  • Rashid Mohamed (2.930kg),
  • Dion Schroeder (2.860kg),
  • Pieter Smith (2.590kg),
  • Arno Lamprecht (2.030kg),
  • Henno Vermaak (1.950kg),
  • Reinhard Böhmer -7
  •  Joshua Devenish (1ste plek – Swartbaar)
  • Francois Lombaard (1ste plek – Karp)
  • Craig Day (1ste plek – Baber) jaar (1.860kg),
  • Gerrie Nel (1.790kg), Morne Potgieter (1.770kg),
  • Manfred Böhmer (1.770kg), Attya Khan (1.650kg),
  • Juan Lamprecht (1.360kg),
  • K. Grant (1.230kg),
  • Heinrich Lamprecht (0.890kg),
  • Divan Laubscher (0.880kg) en G
  • avin Francis – 5 jaar (0.380kg).

Elke hengelaar wat ingeskryf het word hartlik bedank vir die ondersteuning. Sonder die hengelaars se volgehoue ondersteuning sou die hengelkompetisie nie kon voortbestaan nie en die Heyshopedam Bootklub sou nie finansieel die mas kon opkom nie. Laaste maar nie die minste nie, word élke borg wat die kompetisie moontlik gemaak het, hartlik bedank. Sonder borge en deelnemers kon dit nie so ‘n suksesvolle naweek gewees het nie. Baie, baie dankie, namens die bestuur van die Heyshopedam Bootklub.

Hengelgroete

Francois Lombaard (1ste plek - Karp)
Francois Lombaard (1ste plek – Karp)
Joshua Devenish (1ste plek - Swartbaar)
Joshua Devenish (1ste plek – Swartbaar)