Dienssentrumnuus

Dienssentrumnuus
Baie pret en heerlike kos is geniet by die Markusgemeente

Lede van die dienssentrum kom gereeld op Donderdae bymekaar en dan word daar heerlik gekuier.

Een maal per maand onthaal verskillende instansies, individue of groepe hulle, soms by die dienssentrum self en soms op ander plekke. Die Markusgemeente, Piet Retief, het op Donderdag, 25 Februarie, die dienssentrumlede as gaste onthaal. Gemeentelede het die dienssentrumlede getrakteer op ‘n 6-gangmaaltyd… en, as die dobbelsteen iemand goedge- sind was, kon daardie persoon die ete met poeding begin! Die lede van die dienssentrum bedank graag vir Anke Hiesterman en haar span vir ‘n baie interessante en genotvolle oggend. Op Donderdag, 3 Maart, was dit M&R Olie se beurt om gasheer te speel.

Hardy, van Hardy’s Place (voorheen Bon Vie), het die lede bederf met vars Belgiese wafels. Volgens lede van die diensentrum, beslis die moeite werd om te beproef. Al die dienssentrumborge, word van harte bedank – elke uitstappie en geleentheid word ongelooflik waardeer. Elkeen wat elke maand die dienssentrum ondersteun met bestellings vir pannekoek word ook heelhartig bedank. Die ondersteuning is ‘n riem onder die hart vir elke lid. Almal by die dienssentrum bid van hulle kant graag al die lesers ‘n geseënde Paasfees toe. Vir dié wat bietjie met vakansie gaan, geniet dit en veilig reis.

Dienssentrumgroete